Navorsers waarsku dat skole in Gauteng en die Wes-Kaap oorval word deur leerders wat uit ander provinsies instroom, het RSG berig.
Die Nasionale Instituut vir Rasse-betrekkinge het in onlangse navorsing bevind dat dié twee provinsies die eerste keuses is vir kinders wat beter onderwysgeleenthede soek.
Limpopo en die Oos-Kaap het die meeste leerlinge wat padgee weens swak prestasies en gebrekkige skoolgeriewe.
Die verslag toon dat meer as 150.000 skoolgaande kinders tussen 2001 en 2007 skole in die Oos-Kaap, Limpopo, die Vrystaat en Noordwes verlaat het.
Tussen 2000 en 2012 het die leerlinggetalle by staatskole in die Oos-Kaap en Limpopo met meer as 400.000 afgeneem.