Rampbestuur steeds op bystand

Deel op

storm1Die Nasionale Rampbestuursentrum is steeds op ‘n gereedheidsgrondslag nadat swaar reëns die afgelope weke tot groot vloedskade en oorstomings gelei het.

Die meeste damme is die noordooste van die land is 100% vol.

Rampbestuur sal gereed staan bly totdat die Suid-Afrikaanse Weerdiens se voorspellings vir swaar reën landwyd afneem.

Die adjunk-minister van Samewerkende Regering, Andries Nel, het Maandag gesê die vloede het reeds die lewens van 32 mense in vyf provinsies die afgelope weke geëis.

Die uiterste weerstoestande het tot vloede, oorstromings en fratsvloede gelei. Daar was 25 verdrinkings alleen, waarvan 12 in Mpumalanga was. Ses mense is dood toe hulle deur weerlig getref is.

In KwaZulu-Natal is ‘n persoon dood toe ‘n muur omgeval het tydens ‘n storm.

Sake-ondernemings in Warmbad (Bela Bela) in Limpopo sê dit sal ‘n paar dae neem voordat werksaamhede na normaal sal kan terugkeer.

Talle ondernemings het deurgeloop onder oorstromings in die gebied. Duisende rande se skade aan infrastruktuur is aangerig.

Vragmotorbestuurders, wat by die Groblersburg-grenspos tussen Suid-Afrika en Botswana vasgekeer is deur hoë watervlakke, het intussen besluit om van ander grensposte gebruik te maak.

‘n Frats-storm in die Bergville-omgewing in KwaZulu-Natal het talle dakloos gelaat toe hulle huise se dakke afgewaai het. Agtien mense is in die storm beseer en een is deur weerlig doodgeslaan.

Die storm het in die Mawusi-gebied Maandag by Bergville gewoed. Kragonderbrekings het voorgekom en bome is ontwortel.

Rampbestuurspanne is na die gebied gestuur. Inwoners in die gebied was teen laatnag steeds besig om van hulle besittings te probeer red.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.