Gegradueerdes dalk binnekort tot gemeenskapsdiens verplig

Deel op
Naledi Pandor
Naledi Pandor

Alle gegradueerdes, ongeag of hulle opvoeding privaat befonds of betaal is vir deur die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema, kan dalk binnekort gedwing word om ‘n jaar se gemeenskapsdiens te doen.

Die gemeenskapsdiens sal soortgelyk wees aan dit wat van studente-dokters verwag word.

Dit is volgens die ANC se nasionale uitvoerende komitee se sub-komitee oor onderwys en gesondheid. Hulle het Maandag gesê hulle sal die voorstel binne die volgende vyf jaar implementeer.

Die komiteevoorsitter Naledi Pandor, die minister van binnelandse sake, en komiteelid Mduduzi Manana, adjunk-minister van hoër onderwys en opleiding, het gegradueerdes se vrese probeer besweer dat hulle gedwing sal word om hul toetrede tot die arbeidsmark uit te stel weens verpligte donkiewerk in die openbare sektor.

Pandor het gesê gegradueerdes sal ‘n jaar se ondervinding opdoen in hul studierigtings.

Dit blyk ook uit die ANC se verkiesingsmanifes wat die basis sal vorm van die nuwe regering se programme.

Op die ANC se konferensie in Mangaung in Desember 2012, het afgevaardigdes van die konferensie se onderwys- en gesondheidskommissie besluit dat oorweging geskenk moet word aan ‘n “gegradueerde belasting vir alle gegradueerdes van hoër onderwys instellings”.

Die belasting was bedoel om die koffers van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema te vul, wat na verwagting ‘n groter rol sou speel in die staat se planne vir gratis onderwys vir alle voorgraadses.

Die belastingvoorstel is uiteindelik geskrap ná groot ongelukkigheid.

Professor Servaas van der Berg, van die Universiteit van Stellenbosch, het die idee verwerp as ‘n “suboptimale” oplossing en dit as ‘n vermorsing van kosbare tyd beskryf.

“Dit sal nie werk nie. Al wat dit sal doen, is om die tydperk waarbinne ‘n mens die arbeidsmark sou betree met ‘n jaar uit te stel,” sê Van der Berg.

“Mense sal in poste geplaas word waarin hulle onderbenut sal wees.”

Hy het opgemerk dat Statistiek SA se arbeidsmagopname aantoon dat die aantal gegradueerde gegradueerdes in diens ongeveer 55.000 is.

Maar dit het ook gewys dat sowat 340.000 gegradueerdes, insluitende houers van diplomas en sertifikate, sonder ‘n werk in 2011 was.

Daar sal bykomende druk op die fiskus wees omdat gegradueerdes ‘n toelae vir hul jaar kry in die staatsdiens sal kry.

Luzuko Buku, sekretaris-generaal van die SA Students’ Congress, het gesê daar oorleg met gegradueerdes wees en mense moet nie gedwing word om te werk in “ondraaglike toestande” nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.