Rekord aantal partye registreer vir verkiesing

Deel op
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK
Die (Engels-eentalige) embleem van die OVK

‘n Rekord aantal politieke partye het geregistreer om aan die algemene verkiesing op 7 Mei deel te neem.

Luidens ‘n verklaring van die Onafhanklike Verkiesingskommissie gaan 33 partye op nasionale vlak aan die verkiesing deelneem.

Vier van dié partye skuld egter nog hul depositos voldoen en kan uitgeskakel word as hulle dit nie betaal nie.

Selfs met 29 partye sal daar nog meer keuses wees as in enige van die vorige verkiesings.

Noordwes het met 16 die minste partye wa die verkiesing gaan betwis, en die Wes-Kaap die meeste.

Daar is 26 partye wat die verkiesing in die Wes-Kaap sal betwis op provinsiale vlak, 22 in Gauteng en 20 in Limpopo.

Partye wat nog aan bepaalde vereistes moet voldoen, het tot die 24ste van die maand om die finale afsnypunt te haal.

Kandidaatlyste sal van die 28ste van die maand beskikbaar wees vir finale inspeksie en die uiteindelike lys van kandidate sal op 22 April verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.