Numsa sluit by platinumstaking aan

Deel op
Karl Cloete
Karl Cloete

Die twee maande lange staking in die platinumbedryf duur steeds voort nadat onderhandelings op ‘n dooie punt uitgeloop het.

Die stakende mynwerkers moes reeds vier miljard rand aan verlore inkomste opdok, terwyl mynmaatskappye al sowat nege miljard rand verloor het.

Intussen het die Metaalwerkersvakbond, Numsa, gesê sy eendaagse staking wat vir Woensdag beplan is, gaan ook voort.

Die stakings wil die werkloosheidprobleem onder jong mense belig.

Die adjunk-hoofsekretaris van die vakbond, Karl Cloete, sê sowat halfmiljoen mense sal na verwagting landwyd aan die staking deelneem.

Numsa het tydens die spesiale nasionale kongres in Desember verlede jaar besluit om nie die ANC te ondersteun of sy verkiesingsveldtog te borg nie.

Hulle het ook ‘n beroep op Cosatu gedoen om uit die drieledige alliansie met die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party te onttrek.

Cloete het verlede week ‘n dokument aan Cosatu oorhandig waarin hulle verduidelik waarom hulle nie geskors behoort te word uit die vakbondfederasie oor die besluit nie.

Cloete sê dat Cosatu, ANC en SAKP-leiers wil sektore waar Numsa verteenwoordig is, met ‘n ander unie troef. Hy het gesê daar is ‘n plan om nog ‘n metaalwerkersunie tot stand te bring.

“Cosatu weet daar moet ‘n metaalwerkers [unie] binne die federasie wees as Numsa geskors word.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.