Taktiese argumente vir Afrikanerselfbeskikking

theron_johann2

deur Johann Theron

Die ANC kan die Afrikaner nie beskerm nie – sien misdaad.

Die ANC het nie die kapasiteit om handelsooreenkomste namens die Afrikaner aan te gaan nie – sien landbou.

Die ANC het met Kodesa onderhandel om vrede vir die Afrikaner te bewerkstellig, wat nooit gebeur het nie, dus is die Kodesa-ooreenkoms vandag ongeldig – sien Constand Viljoen.

Die ANC erken Afrikaners as deel van Afrika omdat die naam Suid-Afrika universeel en deur die ANC erken is – sien “Die Stem”.

Die ANC probeer Afrika-wye suksesse ontwikkel  t.o.v. die Afrika-renaissance, maar misken die Afrikaner se buitelandse besigheidsbydraes – sien Shoprite.

Die ANC probeer Afrikaners bang maak en marginaliseer om eiendom te bekom, maar Afrikaners het nie buite-paspoorte nie en gaan baklei vir daardie grond – sien Engelse boere in Zimbabwe.

Die ANC se Achilleshiel is regstellende aksie omdat hy aan die een kant die Afrikaner vervreem, maar aan die ander kant ‘n rewolusie teen homself opstook – sien “braindrein” en vakbondwese.

Die ANC definieer homself teenoor die Afrikaner deur sy wraaksugtigheid – as jy wraak koester, moet jy twee grafte grawe en dis nie wat die Robbeneilandgevangenes in gedagte gehad het nie – sien voordurende Afrikanerbeledigings net om stemme te werf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Trippie vir Front Nasionaal

    KORT EN KRAGTIG – Dankie Johann !

    “… maar Afrikaners het nie buite-paspoorte nie EN GAAN BAKLEI VIR DAARDIE GROND …”

    Jy is 100% reg !

    • Trippie vir Front Nasionaal

      DIE STEM !

      • Dolk

        Pragtig Trippie! Ons het die oorspronklike pak 78rpm plate – van die eerste Gelofte fees – die inhuldiging van die Voortrekker monument… Sonder een enkele skrapie op die plate – omslag ook nog baie goed!

        • Rifrug

          Dalk tyd dat jy dit na “digitaal” omskakel? (sodat hul sonder skrapie kan bly)

          • Kalium_Chloraat

            Ek vind deesdae daai ggp-ggp-ggp van viniel uiters steurend.

          • Dolk

            Jy sê so… daardie is direk a.g.v. ‘n naald wat vuil of foutief is of, ‘n arm wat stram is. Of waar die naald nie perfek in die groef pas nie. (Te swaar druk of te lig – effens uit die groef terwyl die plaat draai…)

            Ek was gaande oor die B&O en Switserse draaitafels (Name vergeet!) Het dit gerestoureer as ‘n stokperdjie…

          • Kalium_Chloraat

            Digitale media vir my. My 400+ CD’s en 35 Gig mp3’s. Alles natuurlik Rock & Roll & Blues

          • Dolk

            Natuurlik! Ons het geen idee van watse tegnologiese luukshede ons eintlik gebruik maak nie!

            Ons is die geslag wat van buise tot die slimfoon in ons hande gehou het… Ek voel ongelooflik geseënd – slegs vir daardie feit op sy eie!

          • Kalium_Chloraat

            Van buise gepraat, ek het nog ‘n buis FM hamradio, maar ek weet nie of hy nog werk nie. Ek het ook nog van die triodes wat die ding vat. Ek raak al meer soos daai stel, vat my ook deesdae ‘n rukkie om aan die gang te kom.

          • Dolk

            ” Ek raak al meer soos daai stel, vat my ook deesdae ‘n rukkie om aan die gang te kom.”

            Puik gestel! Lekker lag ek vir daardie vergelyking.

            Jy moet sê as jy ooit buise soek… Ek het letterlik meer as 2000! Nie almal werk seker nie, maar ek het ‘n aardige verskeidenheid… Of is dit nou ‘n eienaardige verskeidenheid? 😉

          • Kalium_Chloraat

            Ek dink nie ek sal sommer weer terug na daai stel nie. Die Internet is beter, maar miskien sal daai tipe toerusting weer gebruik kan word nadat die Zombies oorgevat het.

          • Dolk

            Hulle dit gebruik? Seker as “deluxe” tik-pype ja…

          • Dolk

            Terloops – ek is gaande oor beide… My seun speel dromme – en het groot respek vir Blues… Hulle vra my om die musiek sagter te sit… Nes my Pa 30 jaar terug. 😉

          • Kalium_Chloraat

            Die kinders hier scheme ek luister “heavy musiek”. Hulle musiek klink mos soos iemand wat ‘n blik probeer doodslaan, maar dit nie regkry nie.

          • Dolk

            Ja nee wragties…

            Ek moet eerlik wees – my smaak met musiek is amper “tydloos.” Ek’s MAL oor goeie, “heavy” musiek!

          • Leana

            Dis nie wat jy die ander dag gese het nie Dolk. Toe het jy die einste “heavy” beskryf as demonies……onthou ??

          • Sjert

            Wil mos lyk asof jy nie skaam is om reguit paaie te loop nie. Is hoeka die kortste pad tussen twee punte…

          • Leana

            Netso Sjert, ompaaie werk nie by my nie.

          • Dolk

            “Heavy” is beslis nie “Heavy Metal” nie.

          • Dolk

            Mooi beskrywend gestel man!

            Geen Chinese perkussie moppers – wat ritmies aan ‘n pm3 batterytjie suig nie… 😉

          • Dolk

            Ken jy Warren Haynes – hier met Joe Bonamassa?

            Die een spesifieke uittreksel laat my geleidelik hare regop staan… Daar’s te veel om op te noem…

          • Kalium_Chloraat

            Ken Warren goed, hy het mos baie met die Grateful Dead en Jerry Garcia ge-assosieer. Hy was die ou van die Gov’t Mule met hul treffers I’m the one, 30 Days in the hole, Wintertime Blues ens. Kookwater.

            Die DIEP Blues van Joe Bonamassa is ook van my gunstelinge. Anders as my ander Blues is hy nie Delta Blues nie. Ek het sy Man of many words, Blues Deluxe, ‘n Grootste treffers, Don’t Explain, Anew day yesterday en Dust Bowl. Hy is die een uit die Eric Gales skool wat Blues weer laat herleef het vanaf die laat 1990’s en 2000’s. Heerlik!

            Dan is daar natuurlik Canned Heat, 10 Years afte, ons eie Delta Blues van ‘n paar jaar terug , ons eie Southern Gypsy Queen, ZZ Top, Molly Hatchet, my gunsteling JJ Cale, ens, ens..

            Ken jy Seasick Steve met sy Hobo Low?

          • Dolk

            Frieken briljant…! Soos sagte, soet rouvleis tussen ‘n honger mens se tande!

            Die is die “beter” gehalte youtube video van hom vir my… Ek ken iemand nes hy! Dis ‘n roerende, rou, Blues ballade! Wat dink jy?

          • Leana

            Van die blues is pragtig Dolk……maar beslis nie almal nie…

            Luister veel eerder na hierdie van Dire Straits

            http://youtu.be/azMRIHIyt1Y

          • Dolk

            Ek het gesterf Leana… Ek is dood.

          • Leana

            Weet nie wat ek aan jou gese of gedoen het nie, maar dan se ek maar R.I.P Dolk.

          • Dolk

            Ek het jou verseker nie beledig nie. Jou hele venyn is irrasioneel t.o.v. my een sin hierbo. Los my net asb. uit. – daarin lê maar geen belediging nog negatiwiteit in opgesluit nie.

            Seen vir jou – ek bedoel dit van harte.

          • Leana

            Wil jy nou vir my se ek kan nie LEES nie Dolk. Wat presies was jou bedoeling met hierdie woorde aan my ?? Hou op om ‘n totale swakkeling te wees en weg te kruip agter mooi woordjies. Jy beindruk my geensins. JY het hiermee begin, jy weet.?? mag ek jou herinner aan jou wworde, of het jy skalkies vergeet ?……..VIR JOU IS EK DOOD!!
            Nee Dolk, jammer ek val nie vir daardie ene nie. Hou op om naiwiteit te pleit en dan weg te hardloop sodra jy bom losgelaat het ! Dis PATETIES !! Nou pleit jy onskuldig !! O Nee, demit sulke strooi kan ek nie hanteer nie.
            Ignoreer my van nou af total….en R.I.P DOLK
            Dolk Leana • 12 hours ago

            Ek het vanaand gesterf Leana… Ek is dood vir jou.

          • Dolk

            Beledig my dan nes jy goeddink – ek is nie hier om te baklei oor jou interpretasie en alles wat jy daar ophaal nie Leana. As jy my haat en wil slegsê – handel dit asb. nou af. Ek het genoeg van dit die afgelope paar dae gehad van ‘n paar ander hier – soos jy terdeë bewus van is.

            Ek het nog NOOIT! enige kwaadwillige bedoelings jeens jou gehad nog indirekte dreigemente teen jou of ander gemaak nie.

          • Leana

            Dolk….bly by die gedeelte van……JY IS DOOD VIR MY!
            Of…EK IS DOOD VIR JOU!! Hoekom? Wat het ek aan jou gedoen ?

          • Dolk

            Jy meen “Ek is dood vir jou”

            Met ander woorde – “ignoreer my skrywes!”

          • Leana

            Dolk Leana • 12 hours ago

            Ek het vanaand gesterf Leana… Ek is dood vir jou.

            Jy het gisteraand gesterf Dolk….Wanneer is jou begrafnis ?? Nie dat ek iets daar verloor het nie…

          • Leana

            Dolk daardie liedjie was aan jou opgedra in goeie gees. Een van my gunstelinge boonop. Moet my NIE verkwalik dat ek beledig voel oor jou woorde aan my nie.
            Vaarwel !!

          • Leana

            Net die laaste woordjie aan jou Dolk. Wie probeer jy beindruk ??
            By wie gaan jy groter aansien kry deur my te beledig ??
            Dink daaroor !!

          • Dolk

            Ek het jou verseker nêrens beledig nie! Hoe kan “om my te ignoreer” ‘n belediging wees? Ek het myself beledig. Afgehandel.

          • Leana

            Jy neem ook maar die easy way out Dolk. Veels geluk !! Jy die altyd verontregte in die saak.
            AFGEHANDEL ons het NIKS meer vir mekaar te se nie ! Het baie meer ruggraat van jou verwag. Makliker geraak om die dames te beledig of wat ??

          • Arnieann

            Die res sal ook nog agterkom dat ons hier met ‘n “Vriendelikke”
            kwaadsteker sit.
            Ek het alles by ander Blogs gehoor.
            Neem kennis Moderator.
            Geluk met jou besluit Leana.

          • Leana

            Dankie Arnieann, komende van jou beskou ek dit as ‘n kompliment.

          • Willy

            Haal lekker diep asem en raak nou rustig Leana. Volgende keer, draai om en stap weg.

          • Leana

            Easier said than done Willy. As die Brakpan maniere eers ingeskop het is daar geen keer. Om my vandag op die verkeerde voet te vang was fataal.
            Eintlik moet ek julle almal op die forum om verskoning vra. My gedrag was regtig Brakpans..

          • Willy

            Glad nie. Jy hoe vir niemand jou verskoning aan te bied nie!

          • Arnieann

            Ek wil jou bietjie laat “Smile

            In Brakpan is die karre so warm, as jy die
            “choke” uittrek dan “spin” die spaarwiel!

            Jy weet jy is in Brakpan as jou ouma verwag.

            *******************
            Nie ek nie hoor!!!!!
            Ons goeie vriend BertO wat sulke dinge “loslaat” Hehe.

          • Leana

            Hiehie Arnieann, diiiiiis mos nou onse Brakpanners daai. Se ook somme dan hows it my mate .

          • Arnieann

            Jy is so ‘n eerlikke opregte mens Leana, en jy kan dit vir niemand wegsteek nie.
            Jy kan ook nie bluf nie al wil jy.
            Groot plesier mensie.

          • Leana

            Oeee Arnieann, hoe laat bloos jy vir Leana vandag. Skoon bloedrooi to agter die ore. Dankie Arnie, jys dierbaar.

          • Dolk

            Dis maklik om ‘n stok te kry as jy ‘n hond wol slaan…

            Jou valse verdagmakery is ‘n skreiende skande. Waarom jou haat heens mense wat jy nie ken nie? Jy bly orals kommentaar lewer om kwaad teen my te stook. Dink jy mense is blind?

            Jou hatige aantygings is kwaadwillige valse beskuldigings. Niks meer nie.

            Laat my asb. met rus.

          • Leana

            Verder wil ek nou nie rusies hier ontketen nie Dolk……..maar ek het dan REEDS vir jou gese R.I.P……. tong in die kies in pure jest gese

          • Arnieann

            Die regte woord is: Jeens en nie “heens” nie.

          • Dolk

            Small things amuse….

            Kyk op jou sleutelbord – dis ‘n tikfout.

            Staak asb. jou kinderagtigheid! As jy te kleinlik is om op te hou pik-pik – ek nie. Jy is van die radarskerm af.

          • Arnieann

            xx

          • Dolk

            Ek tik nie so slordig nie. Die 1,2,3 is iemand anders se onsamehangende woorde-brousel.

          • Arnieann

            ( 1)Ek het nie met jou gepraat nie.

            (2) Vals, beskuldigings, skande, verdagmakery, haat,kwaadstook,hatig,aantygings kwaadwillig,

            Alles in een sin.

            ( 3) Jou woordkeuse vertel alles.

          • Leana

            Sal interessant wees om te weet wie die gas is wat jou opduime gee Dolk. Die persoon te skaam of te bang om onder hul eie naam te opduim ??

          • Arnieann

            Maklik Leana.
            Maak jou Browser toe, moet nie inklok nie, en doen dit sommer self. Iemand het my dit vandag vertel. Kan it blykbaar oor en oor doen. Weet nie of dit werk nie. Teveel moeite vir my.

          • Willy

            Still Got The Blues van Gary Moore is darem maar divine Leana.

          • Leana

            Pragtig Willy, ek stem saam !

          • Rifrug

            Daar is goeie sagteware om daarvan ontslae te raak…

          • Kalium_Chloraat

            Ja Audacity en ande redigeringsprogramme, maar ek willie sukkelie, daarom digitaal. Jy moet net hoor hoe lekker sing Wishbone Ash nou hier by my. Niks moelikgeit, niks opstaan en sukkel na 6 liedjies vir nog 6 nie, net kant en wal Ruk & Rol…..aaaaaahhhh, Nirvana.

          • Dolk

            Dalk gebeur die skrapie met die omskakeling. 😉 ( Nee, skerts net.)

            Baie waar Rifrug. Blink idee – dankie man! Die plate lyk werklik nog blink-nuut! Ek het ‘n B&O draaitafel en iets soortgelyk iewers… Ek wonder hoeveel was gemaak? Seker ‘n paar miljoen?

  • Riempies

    Agt gate waarvoor die ANC sal moet stoppers kry en dit opsigself gaan hulle verseker besighou.

    Goeie inset Johann!

  • Willy

    Die ANC moet dit net besef dat hy en die liberaliste met die Afrikaner opgeskeep gaan sit tot die koeie huis toe kom en daarna.
    Weghardloop sal ons nie maar hulle bly irriteer tot ons kry wat die beste vir ons is vir ons eie oorlewing.

  • Koos Fredrik bester

    ESKJOES MIE!!!!!!!

    Omgekeerde veragting… Is dit agting?
    Daar is seker ‘n maklike antwoord op die vraag ook.
    Toe Sunette Bridges so ewe aan Dan Roodt van Praag laat weet, tel my nie by die Front Nasionaal (FN) nie, toe dink ek Amerikaanse rofstoei. Wag, laat ek verduidelik…
    Almal wat die Amerikaanse rofstoei op een van die TV-stasies kyk, weet van ou Vickey. Vickey is die Meksikaanse vrou wat elke keer as ‘n stoeigeveg op ‘n te voorspelbare einde afstuur, voor die TV-kameras en die stoeiskares verskyn en dan skreeu sy in ‘n ekstra ékstra skril stem: “Excuse me!!!” Gewoonlik skreeu sy dit so drie of vier keer, die skare wat dan dol, of uitgelate, reageer.
    So, Sunette het ‘n eskjoes-mie!!! op Dan en die FN getrek, ‘n behoorlike pretbederwer en/of aandagtrekker. Of hoe?
    Ek was die afgelope paar maande aktief op Praag en het die debatte nogal geniet. In die hele proses was een ding vir my baie duidelik. Die behoudende Afrikaner gaan opgooi van die 2014-verkiesing. Want nie alleen is Grondwet 1996 se veronderstelde raklewe agter die rug nie, daar is eenvoudig niks vir die Afrikanervolk in die bedenksel nie, wat nie van die intrapslag met die ding uitgewroeg/gekroek in Kempton Park, bedenklik was nie, is stelselmatig deur eers Constand Viljoen en daarna Pieter Mulder bedenklik gemaak.
    Hierdie toedrag van sake, hierdie opsomming van die getroue Afrikaner, is weerspieël in die reaksie van Riempies en Trippie, twee opregte siele as daar so iets is, op Praag se webwerf aktief.
    Verkiesings is drek, kies reg en bly vir ewig weg daarvan af, so het ook Riempies en Trippie volmondig saamgestem.
    Toe word die FN gestig. Om die behoudende Afrikaner se afkeer van verkiesings en onderhandelings ‘n toekeer te maak? Om sy vertroue in die 1996-bedenksel te laat herleef?
    Met vrae soos dié dink ek toe weer aan Sunette se luide eskjoesmie. Wat ‘n moersleutel het sy skynbaar nie in die verkiesingsmasjinerie gesmyt nie, jy sien net ratte en tanne trek. Wa-wag, sê jy vir jouself, behou teenwoordigheid van gees, kyk goed wat eintlik gebeur: Het sy nie so werklik waar ‘n moersleutel in die ander hand wat sy so stil-stil vir Mulder, Mulder, Mulder en Groenewald aangee nie? Of dalk aan die Volksraadverkiesingskommissie (VVK). Ja, natuurlik. U het dit ook opgemerk, hierdie maneuver kan kwalik as ‘n kulkunsie slaag.
    Afrikaners bly nog maar eenvoudig en opreg as dit kom by anti-held-figure, mense soos Amerikaanse rofstoei se Vickey, wat op die onmoontlikste tye die verhoog met ‘n skril ekskjoesmie!!! steel, die verste wat ons op hierdie pad gevorder het is Verna Vels se Liewe Heksie.
    Die Engelse en Amerikaners daarenteen, het die ding al tot ‘n fyn kommunikasiekunsie verfyn. Seker deurdat dit al so ‘n lang pad kom, al daar van Robin Hood se dae, ‘n Engelse skelm wat die skelm Engelse adel beroof, en dit na bewering aan die armes gegee het.
    In Amerika was daar Jesse James. Ek was al taamlik ver in jare gevorder toe ek eers met die ware Jesse James, ‘n bankrower en koelbloedige rampokker, kennis maak. Sien, die leuenagtige Amerikaanse rolprentbedryf het my dit anders ingeprent.
    Die multi-miljoen Amerikaanse TV-rofstoeibedryf is deeglik vertroud met die menslike swakheid om van kroeks cowboys te maak, as u my nie wil glo nie, kyk vanmiddag rofstoei op die televisie. Daar is omtrent nie meer ‘n eersterangse rofstoeier in die wêreld wat nie soos ‘n langtermyngevangene, pas uit die dodesel ontsnap, lyk met al die blou-pers prentjies op die lyf geskilder nie. Kyk ook na die duiwelse ondertone in hul karakters.
    Want vir massa-kommunikasie, veral Anglo-Amerikaanse massa-kommunikasie, het die bose onontbeerlik geword. Jy is eenvoudig nie meer daartoe in staat om ‘n boodskap by die menigte te kry sonder ‘n duidelike tekening van die bose nie. En dan moet jy nie in jou goedgelowigheid dink die menigte gaan teen die bose kies nie.
    Netjies Dan, (en netjies Sunette?), dit lyk of die foefie om die Afrikaners na die stembus te jaag slaag.
    Of hoe?
    Dr. Roodt braak gal oor VF Positief se bedenklike alliansies. En saam met wie gaan u nog die hand in die verkiesingspappot druk, dr. Roodt? (Opmerking: Toe ek hierdie reaksie geskryf het, het FN nog nie Julias Malema en sy Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV) se aansoek oor verkiesingsdeposito’s gesteun nie.)
    En dankie dat u in u jongste berig op Praag so gal op die “regses en ver-regses” braak.
    Vir u inligting: U “regses en ver-regses” is gewoonlik alles behalwe naïef wat die politiek betref. U “regses en ‘n ver-regses” is nie lede van die brannewyn-en-kouk-brigade wat na een sopie vir sy kluis en sy rewolwers en jaggewere hardloop nie, dié “regses en ver-regses” wat u in u frustrasie uitkryt en tot u ontsteltenis besluit het hulle stem steeds nie.
    U weet baie goed wie u bedoel wanneer u so te kere gaan. Dis die denkende waarnemer van die Suid-Afrikaanse politiek, die een wat al in die 1992-referendum hokaai geroep het wat die NSA betref en saam met oom Jaap Marais besluit het: Kies reg, bly weg, ons beurt om tot ‘n sinvolle daad of dade vir die herwinning van Afrikanervryheid oor te gaan sal kom!
    En ja, ons gaan weer in ons derduisende nie by die ANC se veragtelike stembus wees nie. Soos u tereg opmerk: Ons gaan en het nog nooit vir daardie gemors eens geregistreer nie.
    Ns. U kan my op faceboek besoek

    • Trippie vir Front Nasionaal

      Liewe Koos !

      Ek is die eerste wat ERKEN, ek HET oom Jaap se raad vir jare nagevolg – STEM REG, BLY WEG ! Selfs sy vergaderings bygewoon. (O, ek het nog steeds daardie plakkaat).

      Menigmaal het ek nou al gesê (hier op Praag), dat, vir die EERSTE keer in jare het ek rede om weer te stem. Nooit gedink die dag sou aanbreek dat ek so besluit sou neem nie.

      Ek respekteer jou besluit (en andere) om nie te stem nie – dit is immers ‘n keuse wat elke mens self moet uitoefen.

      Groete (en wat betref die “opregte siele” – soms dink ek meer met my hart as verstand ;)). Baie dankie hoor.

      • Dolk

        Sal nooit vergeet hoe die “Ja-stemmers” ons minagtend beledig het as “kortsigtige, konserwatiewe boertjies” nie… en tot op hierdie dag wil hulle hulself regverdig! Blind, kon nog nooit sien nie.

    • Dolk

      Sjoe! Maar dis ‘n lang relaas… Die derde en tweede laaste reël verkort die skrywe egter aansienlik!

      • Koos Fredrik Bester

        Ek is bly dat die tweede en laaste reël die skrywe aansienlik verkort. Maar nou weet ek nie wat jou reaksie op die pos effens boontoe sal wees nie. Lees maar net ook die laaste twee reëls!

        • Dolk

          Koos, my skrywe het jou skrywe se doelwit opgesom…

          Maak nie saak wat jy in daardie lang relaas gestel het nie, som jy dit nie op deur: “En ja, ons gaan weer in ons derduisende nie by die ANC se veragtelike stembus wees nie. Soos u tereg opmerk: Ons gaan en het nog nooit vir daardie gemors eens geregistreer nie.” te sê nie?!

          Dis mos waaroor die alles gaan?

          Ek het inderdaad meer as jou “bottom-line” (slotsom) gelees.

          • Koos Fredrik bester

            Dankie dat jy my reghelp oor my verkeerde opsomming van jou opsomming van my opsommende opmerkings, Dolk!

          • Dolk

            Jy is welkom – dankies Koos. Ek respekteer jou siening en begryp EN deel die moedeloosheid onder ons Volk, nes jy, alte goed.

      • Maklik om te kla en te kritiseer nè Gielie Meyer? Dra bietjie iets positiefs by man.

    • Riempies

      Koos Fredrik bester (Guest): Met stoere boerenaam en
      hier as engelse “guest” (wat ek jou nie voor sal kwalik neem nie) – kom laat ons
      so n bietjie gesels oor jou mening – eerstens (en dit vra ek as HNP
      ondersteuner en harde werker van oom Jaap Marais in die Wonderboom kiesafdeling)
      dink jy nie as al die ondersteuners van toentertyd nie weg gebly het nie en
      liewer kom nee stem het dat ons uitslag – verraad tenspyt dalk anders kon
      verloop het nie?

      “Verkiesings is drek, kies reg en bly vir ewig weg
      daarvan af, so het ook Riempies en Trippie volmondig saamgestem.”

      Eksjoes mie – Ons is mos darrem ook nie dom nie (askies
      Trippie dat ek nou sommer vir jou ook bysleep) ons kon mos darrem sien hoe die
      Vryheidsfront + se koppe staan ANC vet salaris en vet pensioen se kant toe, en
      nie ons Afrikanervolk se kant toe nie! en toe van al die twee stoel sittery
      – helemal tussen die twee stoele op hulle blakers op die grond beland het in elk
      geval.

      Nou die FN party is n heel ander saak – hulle het my
      stem en alles waartoe ek instaat is tot hulle beskikking my primere rede – om
      vir FW de Klerk te wys hy met sy verraad – het ons nie vernietig nie – hy moet
      sien dat ons weer opgestaan het en weer van vooraf begin soos ons Afrikanervolk
      se geskiedenis vir ons gewys het – en ons gaan ons voorgeslagte se voorbeeld
      waardig wees en weer bo uitkom.

      Kom ek wed jou n gebraaide vetstert skaap en n bottel
      perske mampoer lojaliteit tot op n punt – waar logika en grysstof inskop – gaan
      gesonde verstand elke keer wen – by die wat voorheen DA en of VF+ gestem het of
      Sunette se ondeurdagte menings aangehang het.

      • Koos Fredrik Bester

        Ek besef die teerling is gewerp en klaar gekies en dat julle besluite in opregtheid geneem is en vasstaan, ek wil tog nie daaroor swaarde kruis nie. Soos dit vir my lyk sal die Afrikaner na die verkiesing, so ‘n bietjie hier gewen en daar verloor, maar weer die stukke moet optel en voort moet stry. Met Sunette se rooi ballon-veldtog het ek nooit rustigheid gehad nie, deudat AfriForum aanvanklik daarmee gemoeid was. So terloops, soos met dr. Roodt glo ek dat daar nog in die toekoms baie van Sunette gehoor sal word, daar is krag in hul doen en late wat die Afrikanervolk nie kan versmaai nie. Uit my perspektief gesien, is daar egter flaters wat hulle in korttermynbeplanning begaan. Maar wie begaan nie foute nie.

        • Koos miskien is ons hopeloos te fiemiesrig as dit kom by identeite. My persoonlike reel is: enigiets wat goed is vir die wit ras / Boervolk is ‘n deug, en enigiets wat sleg is, ‘n euwel. Natuurlik moet mens oordeel vel oor groepe / mense se motiewe maar ook versigtig wees om nie oor-krities te wees nie, anders gooi jy die baba met die badwater uit.
          Wat die Sunette / Afriforum / Praag koalisie met Rooi Oktober gedoen het was ‘n skitterende oorwinning en ek wens ons kan meer gereeld sulke samehorigheid sien, pleks van die egoistiese “elke haan op sy eie mishoop” dwarstrekkery wat blyk ons Achilles hak te wees.

          • Kalium_Chloraat

            Die keuse bly dus: Werk ek saam met die Afrikaner-pragmatiste of die Afrikaanse-beginsel-gesindes. M.A.W., staan ons op ‘n gesuiwerde beginsel en basta met die res of werk ons saam met enige groepe terwyl hulle aktief die Afrikaner saak in die hand werk?

          • Koos Fredrik Bester

            Was dit nie vir Sunette nie, was daai een (Rooi Oktober), in die drein af. Ja, fiemies is wel ‘n lastige ding. Maar dit kan jou ook uit groot moeilikheid hou. Soos in, was ons mense maar meer fiemieserig in die 1992-referendum. Ek voel ek het nog nooit ‘n fout begaan om my neus vir De Klerk se onderhandelinge en die gevolglike grondwet op te trek nie. Nou sien Frikkie en Pikkie skielik hulle het so reg in die hande van die ANC se rewolusie gespeel, pleks ou Frikkie maar sy 1977-fiemies vir die marxiste behou het (sien NP-skietgoed), hier het die varke toe die semels en ou Frikkie en Pikkie verslind. Dankie ook vir die goeie gees waarin jy die saak hanteer.

        • Arnieann

          Ek het hierdie vraag pertinent op Praag gevra.
          Oorverdowende stilte wat nog steeds heers.

      • Riempies so van die os op die jas, wat gaan gebeur met 2014 se Rooi Oktober veldtog? Gaan jy / Praag wegbly?

        • Riempies

          Bert wat mens nie gese of gedoen het nie kan jy altyd
          later nog doen of se – wat jy klaar gese of gedoen het – kan mens nie ongedaan maak nie, dit is afgehandel.

        • Arnieann

          Ek steun dit beslis nog Bert.
          Maak nie aan my saak wie dit organiseer nie.
          Dit raak my.

          • Willy

            Sien ons mekaar weer daar hierdie jaar Arnie?

          • Arnieann

            Ek het jou vraag ure der ure gelede reeds geantwoord Willy.
            Die skrywe het net verdwyn.
            Ek het gesê:
            Buk dat ek jou ses van die bestes kan gee.
            Natuurlik gaan ek daar wees, as die gesondheid hou.
            Hierdie keer gaan ons ook ‘n bietjie kuier, en nie soos laas weer uitmekaar spat nie.

          • Willy

            Nee seblief nie ses van die bestes nie Arnie. ‘n Vrystater kan hard mhoer en hierdie outjie huil maklik al is ek ‘n Oos Vrystater soos Gustav en jy haha.
            Die ontbyt is op my en ek het ‘n lekker plek waar ons voor die tyd kan gaan eet. Daar vandaan ry ons almal in my motor. Mag ek van die ander welbekende sterkmanne wat my vriende is saam bring?

    • Willy

      Koos, jare het ek vir die HNP gestem totdat die Neethling fonds bietjie knap gedraai het lyk dit vir my toe hulle van die verkiesings ontrek het en daarna elke verkiesing die plakate uit die stoorkamer loop haal het. Stem reg bly weg. Daar was geen party naas die HNP wat my politiek bevredig het soos die nuut gestigte FN. Ek het deur die manifes gelees en oordink. Dit maak sin.

      Stem gaan ek stem en dit na baie jare.

      • Koos Fredrik Bester

        Dis goed, Willy. So al protesterend berus ‘n mens!

    • Inderdaad Koos. Hulle sê ‘n linkse is maar net ‘n naieweling wat wag om te ontpop as ‘n regse, maar nog nie erg genoeg beroof / aangerand is om die kopskuif te maak nie.

      In daardie trant is ‘n “regse” iemand wat reeds ferm op die ontwakingspad is maar nog nie genoeg belieg, mislei en verneuk is deur quasi-regse partye (VF+) om ‘n “vêr-regse” te word nie. Sien Chris Louw se definisie van “anderkant gatvol”.

      • Riempies

        Ag Bert wil jy en Dolk nie asseblief tog vrede maak nie
        – ek dink nogal julle voel baie dieselfde oor ons Afrikanervolk ek wil so graag met julle soms gesels en hou ek maar my mond terwille van die goeie orde en bang vir n klap.

        • Riempies miskien is dit beter dat jy inklim met die snoeiskêr, of hoe? Modereer asseblief!!!!!!

          • Riempies

            Riempies moderator? Nou gaan jy baie mense laat lag -my
            inkluis – ek wil ook nie wees nie – want dan kan ek nie so uitgesproke wees soos
            ek is en vir JAVR se gevloekery my asem uit lag nie.

            Wat ek nogsteeds wil weet is gaan jy en Dolk nou vrede
            maak? OF die ander opsie mekaar vermy soos die elfde plaag?

          • Dolk

            Het ek ook ‘n sê daarin, u-uwe? 😉

          • Riempies

            Dolk die ouens soos Sjert wat al lank op Praag is en my
            ken se kommentaar gaan ek gou vir jou hier plak en het my buitenshoop gelag toe ek dit gelees het.

            Sjert
            Nee goeie wetter Bert!
            Rieme se kantonne is een ding, maar
            woordspietkop???
            Asseflokkenblief!!!

          • Dolk

            ;-))

          • Sjert

            Nee goeie wetter Bert!
            Rieme se kantonne is een ding, maar woordspietkop???
            Asseflokkenblief!!!

        • Sjert

          Rieme
          Hierdie is en was nog altyd ‘n forum waar mense met verskillende standpunte, gelowe, politieke oortuiginge en nog ‘n hele spul ander verskille kan deelneem.
          Breedweg koester 99% van alle deelnemers hul Afrikanerskap, asook die beskerming en bevordering van Afrikanerbelange.
          Daar is inderdaad nie ruimte vir persoonlike aanvalle nie. In watter vorm ookal.
          Maar mag Bert en wie ookal nooit huiwer om hul verskillende sienswyses bekend te maak nie.

          • Riempies

            Sjert ek stem saam met jou – alhoewel my mening is dat
            geloof/ateiisme / agnistikusme na alle kante n baie sensitiewe persoonlike saak is en dit werklik net n uitgelese volwasse groep kan wees wat op standaard en ondersoekend daaroor kan gesels sonder om emosioneel betrokke te raak.

  • Koos Fredrik Bester

    Op ‘n heel ander trant en terwyl Johann hier met taktiese argumente te doen het, kan ek dalk die volgende uit my boek, Vergeefs verset..? deel (skep asem, dis taamlik lank):

    Die
    Kemptonpark-ooreenkoms tussen die NP en die ANC het ‘n einde
    gebring aan openlike wapenvyandelikhede tussen die Afrikaner en die
    kommunistiese ANC. Die weerstand deur regse Afrikaners is intussen
    ook suksesvol beëindig met behulp van die Tutu-kommissie se
    werksaamhede, die verhoor en tronkstraf vir deelnemers aan die regse
    kant van die stryd; die gevangeneskap van leiers soos Eugene
    Terre’Blanché en opgeleides en militęr-geaktiveerdes wat onder
    die sambreel van die destydse Volksfront in ‘n oënskynlike stryd
    ingetrek is.

    Die
    moontlikheid van ‘n gewapende stryd word telkens die nek ingeslaan
    wanneer “oorlog” (in uitdrukkings en vrae soos, “Weet jy wat
    oorlog is?, “Ken jy bloed?”), as uit die bose afgemaak word en
    mense wat enige verset – ook lydelike – anders as verkiesingsdeelname
    verkies, te demoniseer as skietlustiges en te beskuldig van die
    “romantisering’ van oorlog. ‘n Gewapende stryd deur die
    Afrikaner is eenvoudig taboe.

    Dit
    word eenvoudig nie toegelaat dat gewapende of dadelike optrede as
    oplossing vir die Afrikaner se politieke probleme aan die hand gedoen
    word nie. Dit mag nie in sy denkraamwerk leef en deel van sy
    denkklimaat wees nie.

    Die
    volgende is ook deel van die oorwegings teen dadelike optrede:

    *
    vrese vir ‘n skrikbewind wat ook die lewens en eiendom van
    Afrikaners sal eis as ‘n opstand en rewolusie onbeteuelde afmetings
    sou aanneem;

    *
    die druk van die geldmag en die buiteland agter die skerms op
    Afrikaner-instansies soos die Broederbond om nie tot verset oor te
    gaan nie en liefs ‘terapeuties” na ‘n modus vivendi te soek;

    *
    die vrese van vooraanstaande Afrikaners wat groot belange in die
    ekonomie van die ANC-Suid-Afrika het dat hul belange skade sal ly;

    *
    ‘n berekende vredesrewolusieveldtog wat deur vooraanstaande
    Afrikaerkerkleiers en Afrikanerkerke (die NG Kerk ‘n onverbloemde
    beoefenaar daarvan) gevoer word. Daarby is ‘n groot deel van die
    sogenaamde Afrikanerbevolking lede van Engelse en charismatiese kerke
    (bv. Rema). Hierdie kerke maak geen geheim van hul liefde vir die
    ANC-regime nie;

    *
    Die gevegsmag wat die ou SAW kon opvorder is nie meer kommandeerbaar
    nie. Kommando-eenhede, die ruggraat van die Afrikaner-mag tot
    omstreeks 1990, is grootliks verswart of bestaan nie meer nie. Net
    staatsgehoorsame Afrikaners bevind hulle nog in die weermag. Die ou
    gevegsmag van die voormalige SAW se fisieke vermoëns het afgeneem,
    hoewel hul wapen-tegniese vermoëns min of meer op dieselfde peil
    behoort te wees. Die vraag is egter of hulle nog die nodige militęre
    toerusting sal vind om dit bruikbaar en volgehou in ‘n gewapende
    stryd aan te wend;

    *
    Onwilligheid of vrese vir die “militarisering”van die samelewing
    soos onder die vorige bewind, met ander woorde die Afrkaner is
    oorlogsmoeg;

    *
    Die gewone behoudende Afrikaner-militęre (van nering, ingesteldheid
    en lewenshouding) se moraal is ‘n lelike knou toegedien toe sulke
    Afrikaners in 1994 voorbedag ( met valse beloftes van militęre en
    logistieke steun) in ‘n militęr-riskante situasie Bophuthatswana
    ingelok is om Afrikaner-strydlus vir toe en die onmiddellike toekoms
    nek om te draai;

    *
    Met die einde internasionaal van die Koue Oorlog is daar amptelik ‘n
    einde van die stryd van die ideologieë verklaar (sien De Klerk se
    Rooi Vrydag-toespraak oor die ontperking van kmmunisme en die ANC as
    traktaat tot dien effekte vir Suid-Afrika). Die Afrikaner sal hom
    daarvolgens nie meer mag inwerp in ‘n stryd teen ‘n ideologie –
    ook kommunisme en sosialisme nie;

    *
    Die ooreenkoms tussen die Boshoff-Oraniërs en die ANC vir ‘n
    Afrikaner-tuisland met ‘n soort beperkte selfbestuur vir diegene in
    Orania, betrek vir alle praktiese doeleindes steeds die
    Afrikaner-Volksfront en sy affiliate (soos die KP), soos duidelik
    blyk uit dokumentasie en ooreenkomste van Desember 1993. Dié
    toestand hou veral negatiewe implikasies in vir Afrikaners wat
    bedreig word (deur harde miltęre optrede of ‘n uitputtingstryd,
    bv. deur middel van geweld en misdaad) buite daardie gebied (res van
    die land). Afrikaners het mos nou ‘n plek waar hulle hul
    “mindeheidsbelange” kan uitoefen!

    Selfbesturende
    sosialisme en veiligheidsimplikasies

    Die
    politieke orde in Suid-Afrika word deur ‘n veiligheidsontleder soos
    dr. Chris Jordaan bestempel as
    selfbesturende sosialisme.

    Hoewel
    dié toestand ook sy gevare vir die kommunistiese ANC-regime inhou,
    sou die breë massa die inisiatief der mate in die hande kry dat dit
    ‘n nuwe leiers-elite na vore stoot, is die ANC tog daartoe in staat
    om met die staatsmag tot sy beskikking gerigte bestuur van bo af toe
    te pas as die populis hul “demokrasie” te ver sou voer. Ons sien
    dat die ANC-regering byvoorbeeld in 2001 in die geval van die
    Bredell-plakkers (buite Kemptonpark), waar die PAC te sterk op die
    voorgrond getree het, wetgewing oor plakkery so gaan wysig dat die
    inisiatief uit die hande van die gepeupel geneem kan word. Dit
    beteken nie dat die ANC die wetgewing streng sal toepas nie, maar dat
    dit tog ‘n troefkaart sal wees, sou die gepeupel té ver gaan met
    selfbesturende sosialisme.

    Kousaliteitsprobleem

    Die
    groot probleem vir vriend én vyand met selfbesturende sosialisme is
    die kousaliteistvraagtsuk. Die kousaliteistvraagtuk is as
    regsverskynsel ‘n goed bestudeerde onderwerp.

    In
    selfbesturende sosialisme speel oorsaak (cause) en gevolg saam op die
    verhoog en dikwels is dit asof dit een en dieselfde karakter is,
    veral in die gevorderde stadium, wanneer oorsaak en gevolg mekaar al
    sneller opvolg. As die verskynsel perkeloos raak, ontaard dit in ‘n
    skrikbewind soos tydens die Franse Rewolusie, waar die oggend se
    bedrywers van die rewolusie die middag tereggestel word en die middag
    se bedrywers die aand. Alle vastigheid verdwyn, nie dat dit die
    rasegte rewolusionęr, die aanhanger van ‘n ideologie waarin
    destruksie en anargie deel is van tese en sintese (dialektiese
    materialisme), slapelose nagte gee nie.

    Suid-Afrika
    en die Afrikaner se probleem is dat die land gevaarlik na aan so ‘n
    toestand gekom het. Ons leef in voortdurende gevaar, op die plaas, in
    die dorp of stad, in die bank, te voet of in die motor en selfs in
    kerk en skool.

    Gebeure
    in Zimbabwe, waar die Blanke boere in Chinhoyi weens ‘n kombinasie
    van staats- en bevolkingsterrorisme in lewensgevaar verkeer, het ook
    die feit van broeiende anargie in Suid-Afrika onder die neuse van
    geharde bloeiende hart Afrikaner-liberaliste gebring.

    Immobiele
    leërs

    Die
    Transvaalse Landbou-Unie, weens historiese redes en sy diensmotief
    wat die boeregemneenskap betref, is in die middelpunt van ‘n
    beveiligingsaksie wat die boeregmeenskap van hoofsaaklik Transvaal
    betref.

    In
    dié program word daar skietoefeneing gedoen, mense selfverdediging
    geleer en selfs aandag gegee aan geestelike paraatheid. Een hede word
    op mikrovlak daargestel om op te ruk in geval van moord en ernstiger
    halsmisdade.

    Dié
    poging is egter ‘n jammerlike mislukking en ‘n baie romanties
    teruggryp na die militęre en verdedigingstradisies van Wes-Europa
    van die 18e eeu toe verdedging en verdedigingstelsels die eerste
    prioriteit van militęre magte was. Die sosio-ekonomiese orde is nie
    in dié byna ridderlike benadering ontwrig nie. Pos-, reisigers- en
    handelsverkeer is ongehinderd in die oorlog gelaat.

    Dit
    herinner baie aan die begrensing waarbinne die Afrikaner hom bevind
    met die uitgangspunt klaarblyklik “verdediging tot die uiterste”.
    Die enigste verskil met die 18e eeuse Europa is dat daar geen teken
    van ridderlikheid in die aanslag op die Afrikaner is nie.

    Die
    inisiatief vandag van die TLU, behalwe vir sy besonder deeglike
    defensiewe beveiligingsprogram, is ook gesprekvoering met
    ANC-aangestelde polisiehoofde en pleidooie tot ANC-voorbok Thabo
    Mbeki en politieke minderes om die “erns van die situasie oor te
    dra”. Van die “nog-net-een-boer-retoriek soos beoefen deur genl.
    Constand Viljoen en dr. Piet Gouws van die Vrystaatse Landbou-Unie
    destyds op Potchefstroom, is afgesien. Hoe anders nadat duisend boere
    sedert dié berugte uitspraak geval het.

    Van
    strategiese beweeglikheid is daar geen sprake nie. Die klem is op
    sogenaamde “politieke oorlogvoering”, met ‘n hoogs
    ondoeltreffende “internasionaliseringspoging” deur Aksie Stop
    Plaasaanvalle, deel van die twyfelagtige diplomatieke offensief.

    Soos
    in die 18e eeu moet die bevolking so min as moontlik gesteur word.
    Produksie en die lewe moet so normaal as moontlik aangaan; die
    enigste “ontwrigting” wat geduld word is wanneer boere en hulle
    gesinne aangeval is en ‘n soort beperkte wraakoffensief, waartydens
    die boere-uitwissers so gou moontlik vasgetrek word en die polisie
    gewoonlik reeds of in elk geval gou daarna op die toneel is en die
    boosdoeners verwyder word “sodat die reg sy loop kan neem” en die
    boosdoeners nie beswyk onder die boere se hardhandige aandag nie.

    ‘n
    Ander soort ontwrigting wat toegelaat word as deel van die ANC se
    “gedemokratiseerde” reg- en hofstelsel – is optogte en die
    oorhandiging van petisielyste by howe waar die plaasterroriste gaan
    verskyn vir die verhoor of aansoeke vir borgtog. Niemand sę vir die
    arme boere dat om in hul beperkte getalle “die stryd na die strate
    te vat” ‘n nul op ‘n kontrak is en eintlik net ten doel het dat
    hulle stoom afblaas sodat hulle nie die kommunistiese ANC se
    “demokratiese orde” versteur nie.

    In
    dié omstandighede word militęre inisiatief (verrasssingaanvalle en
    blitsagtervolging met, let wel, militęre oorwegings, in besonder die
    uitwissing van die vyand, nie eens oorweeg nie.

    ‘n
    Mens wil nie die TLU vir sy totaal ontoereikende
    teen-terroriste-optrede verwyt nie. Die TLU is immers ‘n
    “apolitieke” (volgens mnr. Gert Ehlers en oud-vakbond-sekretaris
    Jack Loggerenberg) landbou-organisasie, ingestel op die lewering van
    landboudienste vir sy lede. Wat ‘n mens egter wel kwel is dat die
    TLU met sy beskermingsprogram die waan en illusie skep dat daar wel
    ernstig en omvattend na boere se veiligheid omgesien word.

    Die
    plaasopstal as verdedigingsbolwerk van die boer

    (Hierdie
    opmerkings oor plaasopstalle (die opstal die totale versameling
    geboue op die plaaswerf) kan eweneens gemaak word wat betref die
    Afrikaner- en Wit stedelinge en dorpenaars.)

    Sedert
    veral die tagtigjare het die boer sy plaashuis en werf in ‘n soort
    fortifikasie omskep. Dit sluit gevorderde alarmstelsels, ommuring,
    die elektrifisering van heinings, gewapende respons, wagte, die
    opleiding van werkvolk en eie opleiding in.

    Die
    TLU het ‘n belangrike bydrae tot hierdie ontwikkeling gelewer deur
    die politieke- en misdaadmilieue wat hierdie fortifisering noodsaak,
    ‘n ernstige openbare debatspunt te maak. Die KP, as amptelike
    opposisie in die parlement, het op sy beurt in die Volksraad die
    vinnig verswakkende veiligheidstoestand met ‘n kommerwekkende
    misdaadelement deel daarvan, onder die NP-regering se aandag gehou.
    In daardie tyd was dit veral bejaardes wat die slagoffers van hierdie
    terreur was. Die NP-regering het onder KP-druk ‘n geldelike
    hulpskema daargestel waarmee bejaardes vir fortifisering kon help
    betaal.

    Dit
    is vandag duidelik dat die fortifisering van plase en woonplekke as
    laaste uitweg teen aanvalle nie die gewenste uitwerking het nie.
    Aanvallers voer steeds hulle planne deur en dring deur
    beveiligingstrukture.

    Die
    leemtes wat fortifisering betref is klaarblyklik:

    *
    Dit is deel van ‘n reaksiestelsel;

    *
    Niks of niksbeduidende stappe word deur boere én owerheid gedoen om
    voorkomend op te tree nie. Daar is geen voorstaandienste op sekondęre
    paaie na lokasies en plase nie (voorstaandienste/padblokkades op
    hoofpaaie deur die ANC-owerheid se polisie/weermag het gewoonlik ten
    doel om IVP-ondersteuners lam te lę en op hul wapens beslag te lę
    wanneer hulle tussen die stad en Zoeloeland beweeg).

    *
    Op afgeleë plase is die reaksiestelsel die swakste van alle stelsels
    om toe te pas weens kosbare tyd wat verlore gaan voordat hulp opdaag.
    Meestal word slegs dooies en gewondes op die toneel aangetref. Die
    koeël is gewoonlik deur die kerk.

    *
    Fortifisering skep ‘n vals gevoel van veiligheid.
    Misdadigers/terroriste doen gewoonlik deeglike observasie voor
    aanvalle en is kundig genoeg om leemtes uit te buit.

    *
    Soos kaping vandag die voorkeurmetode van misdadigers is om motors te
    buit, verkies plaasterroriste ‘n handgemeen/persoonlike
    kontaksituasie vir hul misdaad. Die verberging van die misdaad (soos
    in diefstal) is vir hulle ‘n onnodige beslommernis (tydmors) en
    risiko. Deur die eienaar/okkupeerders van ‘n perseel/motor self aan
    te val, kom jy in besit van sleutels en inligting/ kodes van wapen-
    en brandkluise, pinnommers), en dit maak dié wyse van optrede
    oneindig produktiewer.

    Fortifisering
    sal ‘n heel ander plek in die beplanning van ‘n teenoffensief
    moet vind. Die blywende indruk oor dié hedendaagse verskynsel
    herinner baie aan die vrugtelose oprigting van vier forte rondom
    Pretoria voor die Tweede Vryheidsoorlog. In die offensief wat in die
    oorlog ontplooi het was die forte wit olifante.

    Histories
    beskou kom fortifisering uit die Middeleeue en dikwels was dit vir
    die aanbringers daarvan teenproduktief. Dit was wel tot in ‘n
    stadium aangewese verdedigingsbolwerke. Daar was gragte om die
    fortifikasies, looplyste, hoektorings, hoë buitemure en laer
    binnemure en poorttorings. Kwesbare toegangspoorte is met allerhande
    slim innovasies versterk.

    Maar
    die krygskundiges van daardie tyd (soos die terroriste van ons dag)
    het nie nodig gehad om ver te soek nie. Die fortifikasies is getroef
    met wapens soos beleërtorings, ballistas, die katapult, stormram en
    slingerwertuig: wapentuig reeds in die Helleense tyd (300 vC)
    gebruik!

    Vandag
    doen allerhande sekuriteitsfirmas hulle voor as bolwerk teen
    aanvalle. Hulle is soos die ridders van die Middeleeue met toerusting
    wat al swaarder word (beveiligingspakkette wat al duurder word ),
    namate die aanvalswapens wat die harnas kon deurboor, verbeter het.
    In ons dag word die premies al duurder, kom daar al meer fynskrif in
    die kontrak, so ook allerhande bybetalings bereken op allerhande
    voorwaardes.

    Ander
    taktiese en strategiese oorwegings

    Die
    Swartes beskik gewoonlik oor groter skietkrag as die slagoffers;

    Die
    Swart aanvallers het uit hoofde van goeie observasie en
    binne-inligting gewoonlik ‘n beslissende getalle-oorwig wanneer
    hulle toeslaan;

    Die
    Swart aanvallers het weens hul offensiewe inisiatief gewoonlik die
    taktiese en strategiese oorhand. Hulle bepaal die veranderlike
    parameters waarin die aanslag verloop terwyl die slagoffer net op die
    twyfelagtige voordeel van statiese parameters van ‘n verdedigende
    stelsel kan staatmaak;

    Die
    Swart aanvallers het ‘n monopolie op verrassing, ‘n
    sleutelelement in die terreurstryd. Verrassing, uit takties-militęre
    hoek, het vele positiewes. Daaruit vloei onder meer voort
    deurslaggewendhede soos handelingsvryheid, skok en immobiliteit. Die
    slagoffer is weens die verrassingselement gewoolik ook nie in staat
    om alarm- en reaksiestelsels te aktiveer nie.

    Deur
    bogenoemde sake onder die aandag te bring wil nie sę dat al die
    misdadigers/ aanvallers/terroriste eers hierdie sake uit ‘n
    militęre handboek naslaan en dit bewustelik by hul taktiek inbou
    nie. Maar dit beteken nie dat “kontak” wat hulle met die
    Afrikaner afdwing binne hierdie raamwerk beoordeel moet word nie. Die
    militęre teorie word gestel sodat daar begrip vir die aard van die
    stryd kan wees.

    “Voordeellyn”

    Die
    verskuiwing van die “voordeellyn” het dringend geword.

    Die
    politieke, geregtelike en misdaadsituasie en die Afrikaner se neiging
    om hom tot statiese fortifikasies te wend, het dié voordeel vir sy
    teenstanders: die “voordeellyn” word op die bedenklikste oomblik
    oorgesteek, gesien uit die oogpunt van die Afrikaner. Die Afrikaner
    self grawe hom in op ‘n plek (gewoonlik die hoofslaapkamer van sy
    woning) waar net een beslissende stoot /aanslag/aanval nodig is om
    hom te oorrompel. Die tydfaktor (slegs oomblikke) en die terrein bied
    eintlik geen geleentheid om te “hergroepeer” of staat te maak op
    ‘n Plan B nie. Dit bied slegs een geleentheid vir verweer en in
    meer as ‘n duisend gevalle sedert 1994 was dit te laat, dit is net
    op die plase. Die ongevalle in die stede en dorpe maak die prentjie
    veel skrikwekkender.

    Die
    Engelse stedelinge van die land is skynbaar lank reeds bewus van
    hierdie taktiese en strategiese nadeel en daarvoor is ommuuurde
    veiligheidsdorpe daargestel. Strate word ook afgesper en die beweging
    van verdagte indringers word ter eniger tyd, dag en nag, nagegaan.
    Die doel daarmee is klaarblyklk om so veel moontlik
    strategies-gunstige terrein te verseker. Hulle het ten minste daaraan
    begin werk om die strategiese voordeellyn te ontgin.

    Politiek
    en die stryd

    Oor
    die 18e eeu se krygsgeskiedenis in Europa word geskryf: “Die
    politiek kon en het hom kragtig laat geld ten tyde van ‘n stryd wat
    met so min geesdrif gevoer is en waarin beswaarlik van vyandelikhede
    gepraat kon word. Dit het meer die vorm van ‘n koue oorlog
    aangeneem en die leiding in die oorlog het in die kabinet berus. Die
    strategie was ‘n kabinetstrategie en die opperbevelhebber was
    dikwels eerder ‘n diplomaat as strateeg.”

    Dit
    is asof die geskiedskrywer oor die Afrikaner se posisie vandag in
    Suid-Afrika aan die woord is!

    Kom
    ons ontleed ‘n paar stelllings.

    *”Die
    politiek het hom kragtig laat geld”:
    Opmerkings oorbodig. Sien vroeëre opmerkings oor dadelike verset en
    immobiele oorlogvoering.

    *”Die
    stryd word met min geesdrif gevoer’:
    In die lig van voorafgaande besprekings is dit duidelik dat daar min
    geesdrif vir die stryd is. Dit lyk asof die leiers twyfel of daar
    vandag ‘n stryd teen die Afrikaner gevoer word.

    Die
    stryd word in ieder geval aan sekerheidsmaatskappye en landbou-unies
    oorgelaat, wat ingestel is op die misdaadkomponent en die politieke
    en wapenstrydmoontlikhede as sake van bybetekenis beskou en behandel.

    *
    “Daar is beswaarlik vyandelikhede”:
    Die uitwissing van die boere is deel van ‘n uitputtingsstryd.
    Toegegee dat dat daar ‘n misdaadkomponent in die situasie is
    (aanstons bespreek). Dit is ‘n stryd van lae intensiteit, as ‘n
    mens mag waag om die dood van twee, drie boere per week nog as “lae
    intensiteit” te bestempel.

    As
    die lyke afgevoer is en die terroriste aangekeer is, die polisie
    en/of weermag op die toneel gekom het, word “vyandelikhede”
    onmiddellik gestaak. Die enigste “vyandelikhede” wat hierna nog
    toegelaat word is oorhandiging van beswaarskrifte aan landdroste en
    ‘n boer of landbouleier wat toegelaat word om ‘n paar sinne op
    SABC2 se nuus te sę.

    *
    Dit is min of meer ‘n “koue
    oorlog”:
    Die Koue Oorlog tussen Rusland en Amerika het die volgende elemente
    bevat:


    Dit was ‘n prestigestryd (medediging in ruimte-, wapen-,wetenskap-
    en sportprestasies). Daar is van surrogate gebruik gemaak en die
    supermoondhede self het direkte militęre botsings vermy. In ons
    geval laat die ANC misdadigers oogluikend toe om die boerebevolking
    te destabiliseer. As die boosdoeners aangekeer word, word hulle
    behoorlik in watte toegedraai sodat die “reg sy loop kan neem”.

    -Inligting
    en spioenasie was ‘n vername deel van die stryd: Die NP-regering
    het ‘n goeie inligtingstelsel op ‘n skinkbord vir die kommuniste
    gegee en die NP-regering se spioenbaas Niel Barnard is skynbaar
    voornemens om die verval wat intussen onder ANC-toesig ingetree het
    as konsultant te gaan hokslaan!

    Volgens
    ‘n oud-KP-LV wat met Afrikaner-politieke gevangenes gemoeid is het
    feitlik al die agente van die vorige bedeling na die ANC oorgeloop.
    Kort na die 1992-referendum he dr. Ferdi Hartzenberg aan my gesę
    agente is besig om op groot skaal “hul neste by die ANC te veer”.
    Hierdie feit word totaal deur instansies gemoeid met die
    teen-terroriste stryd (‘n landbou-organisasie!) uit die oog
    verloor.

    *
    “Daar
    word grootliks staatgemaak op sogenaamde, diplomatieke oorwinnings”:
    Hierdie “oorwinnings “ is gewoonlik behaal na samesprekings,
    “talks about talks” (onthou nog vir mnr. Pik Botha en sy
    slimmighede oor onderhandelings) en “real negotiations”.

    *
    “Leiding
    in die oorlog het op kabinetstrategie berus”:
    Hoe waar is dit nou in Suid-Afrika. Die landbou-organisasies laat
    niks toe wat nie deur die ANC-kabinet goedgekeur word nie!
    Militęre-gesproke is dit fataal. Wat van inisiatief en
    handelingsvryheid, die hoekstene van die moderne militęre aanslag?

    Vryheidstryd
    versus veiligheidstryd

    Suid-Afrika
    het ‘n gedugte wapenvermoë gehad, in elk geval goed genoeg om sy
    onmiddellike bure te verslaan in ‘n konvensionele wapenstryd. Vele
    redes is reeds aangestip vir sy roemlose oorgawe, dit is die oorgawe
    van Suidwes aan Sam Nujoma se magte, en ook die skikking met die ANC,
    met die militęre implikasie dat die SAW by MK geëintegreer word en
    gewis nie andersom nie!

    Met
    die oorweging van alle faktore is dit nodig om ook die volgende te
    verklaar: Die stryd wat die SAW verloor het was nie ‘n vryheidstryd
    nie. Die wese van hierde stryd was ‘n veiligheidstryd. Dié saak
    blyk duidelik uit die partyleuse “vrede, veiligheid en voorspoed”
    onder die regering van mnr. P.W. Botha.

    Om
    dit aan die hand van ‘n voorbeeld uit die gekiedenis te
    verduidelik: Met die Majuba-oorwinning in die Eerste Vryheidsoorlog
    het die feit dat dit ‘n vryheidstryd was en die stryd nie bloot ter
    wille van ‘n politiek-ondergeskikte saak soos veiligheid was nie,
    ‘n deurslaggewende rol gespeel. Dit was die driemanskap van Paul
    Kruger, Piet Joubert en M.W. Pretorius se verklaarde oogmerk dat die
    Transvaalse republiek deur dié militęre stryd vry gemaak moes word
    van Engelse dwingelandy.

    By
    die Bloedrivier-oorwinning was dit ook die wesenlikste oogmerk. Met
    Dingaan se mag as ‘n politieke faktor in Natal sou daar nie sprake
    van vryheid kon wees in die Trekkerrepubliek in Natal nie, trouens,
    aansprake dat dit ‘n republiek is, sou maar onoortuigend geklink
    het.

    Daarenteen
    staan die dertien grensoorloë teen die Xhosa’s van Oos-Kaapland.
    Hierdie wapenstryd was, weens Brittanje se beperkinge, ter wille van
    veiligheid, dus ‘n veiligheidstryd. Die grensboere het nooit tydens
    die oorloë dit ernstig oorweeg om die Britse juk van hulle daar af
    te werp nie, trouens, hulle het hulle in hierdie onverkwiklike stryd
    ingewerp ter wille van Engelse belang. Die Engelse administrasie sou
    dan die veilige omgewing verskaf waarin hulle kon leef en ekonomies
    ‘n bestaan kon voer.

    Die
    terroriste-oorlog van die 1960’s tot 1990’s was ook niks anders as ‘n
    veiligheidstryd nie. Die doktrines waarmee die Suid-Afrikaanse
    soldate geďnspireer is vir dié stryd het ‘n ronde nul te doen
    gehad met Afrikanervryheid.

    Die
    heersende boere-uitwissing op die plase is bloot ‘n voortsetting
    van hierdie veiligheidsoorlog. Die uitsprake van die Transvaalse
    Landbou-Unie, die boere se agent in die weerbaar maak van die
    boerebevolking, getuig dat dit vir hom gaan om die veiligheid van die
    boere. Die vryheidsmotief kom maar terloops in TLU-uitsprake na vore.

    ‘n
    Veiligheidstryd se grootste tekortkoming is die beperkte politieke
    oogmerke wat die veiligheidsverweerders hul self toelaat. Die
    verweerders se optrede (in dié geval die boere) en motivering berus
    net op die handhawing van hul veiligheid, wet en orde, “sodat ons
    kan produseer”.

    Dit
    is fataal.

    Vryheid-
    en nie net veiligheid nie – is dus die wekroep in stryd.

    • Kalium_Chloraat

      Hoe lyk dit met ‘n 20 reël opsomming?

      • Dolk

        Jy’s gulhartig.

      • Riempies

        Kalium_Chloraat – ek het dit deur gelees sommer afhaal en op rekenaar tuis gelees – dit is werklik die moeite werd en 20 sinne gaan verseker nie die ding doen nie. 😉

        • Kalium_Chloraat

          Ou Riempies, ek moes in my navorsingsjare 600 bladsy (sonder die bylaes) navorsingsverslae opsom in ‘n halwe bladsy bestuursopsomming. Dit kan gedoen word.

          Laat my dink aan George Bernard Shaw wat aan sy vriend geskryf het dat hy nou nie die tyd het om ‘n kort brief te skryf nie, daarom moet hy maar ‘n lange skryf. Vat-so! 😉

        • Dolk

          Dis nou waar relatiwiteitsteorie letterlik toegepas word…

          • Riempies

            Nou watter een die spesiale een of die gewone een of
            Newton sin? 😉

          • Dolk

            Newton? Nee – hy het met termodinamika, beweging en kragte gewerk. Einstein het die relatiwiteitsteorie geformuleer…

        • Kalium_Chloraat

          Riempies, lees Herman Charles Bosman se “Affair at Ysterspruit” Die laaste sin is vir my tekenend van hoe baie met min gesê kan word. Of FA Venter in Geknelde Land waar Rudolf Dryer die trek begin met ‘n sweep se klap (Bl 316): “Die sweepklap klief deur dag en son. Dit slaan ‘n oomblik middeldeur. Dit skei gister van vandag.”

          • Dolk

            Vrek… Dis hoendervleis-mooi gesê! WOW!

          • Rifrug

            Ja-nee! Puik!

          • Rifrug

            Nog een aanhaling uit hierdie boek …

            Die drie het net klaar geëet en om , die vuur gesit net soos ons nou hier, toe die honde op die werf skielik geweldig begin blaf. Koos het vier groot jaghonde gehad – van die ou ‘ Voortrekkerleeuhonde met die streep gekartelde hare langs die ruggraat. Daar was nooit ‘n wreder, dapperder en getrouer honderas in die wêreld nie – en so groot en sterk soos driejaaroud-bontpote.”

          • Koos Fredrik Bester

            Daar’s water, Kalium! Helaas! Ek is maar net ou Koos! Veral daai een van FA Venter.

          • Riempies

            My eerste kys op laerskool was Koos – haai fooitog ek kan nie meer eers onthou hoe hy gelyk het nie maar ek onthou “vividly” die sjokelade wat ek altyd onder die bank deur gekry het van hom.

          • Riempies

            Ja dit is seker moontlik maar dan ken al die wat dit
            lees die agtergrond of hoe? Hierdie stuk is n uittreksel uit sy boek. Strategie is nogal n ingewikkelde storie dink ek – maar nouja ek is nou nie so slim nie moet baie met n lepel inkry. 😉

          • Riempies

            Of die gedig van FE Cilliers – DIS AL.

          • Riempies

            Of hierdie ander groot gedig van hom dra ek sommer op aan die manne van Praag:

            Ek hou van ‘n man wat sy man
            kan staan,
            ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,
            ‘n oog wat nie wyk,
            wat ‘n bars kan kyk
            en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

            Ek
            hou van ‘n man wat sy moeder eer,
            in die taal uit haar vrome mond
            geleer,
            die verraaiersgeslag in sy siel verag
            wat, haar verstotend,
            homself kleineer.

            Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
            vir ‘n
            heldegeslag, in hul rus daarheen,
            maar ‘n blits van trou in die traan van
            rou,
            wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

            Vir my
            d’Afrikaner van durf en daad,
            wat mammon’s eer en loon versmaad,
            sy hoof
            en sy hand vir sy volk en sy land
            en ‘n trap van sy voet vir laag
            verraad!

            O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
            ek hou van ‘n daad
            wat soos donder slaan,
            ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
            en ‘n wil
            wat so vas soos ‘n klipsteen staan!
            ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan
            slaan,
            ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
            en ‘n wil wat so vas soos
            ‘n klipsteen staan!

            Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
            in die taal
            uit haar vrome mond geleer,
            die verraaiersgeslag in sy siel verag
            wat,
            haar verstotend, homself kleineer.

            Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog
            ween
            vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
            maar ‘n blits van trou in
            die traan van rou,
            wat aan liefde weer gee wat haar bron is
            ontleen.

            Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
            wat mammon’s eer en loon
            versmaad,
            sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
            en ‘n trap van sy voet
            vir laag verraad!

            O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
            ek hou
            van ‘n daad wat soos donder slaan,
            ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan
            kyk
            en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

          • Willy

            Dankie Riempies dis darem ‘n treffer van ‘n gedig. Sal altyd spesiaal bly.

            Ek haal die vers aan: …”Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
            in die taal uit haar vrome mond
            geleer,
            die verraaiersgeslag in sy siel verag
            wat, haar verstotend,
            homself kleineer”
            Tot my onsteltenis het ek agtergekom dat daar party is wat nie eers vreemdelinge se moeders eer en hulle onder die klere in vloek, wat nog te sê sy eie ma eer en respek sal hê!!

          • Leana

            Ek kan onthou dat jy voorheen ook gemeld het van die. nogal iemand wat ons dit die minste sou van verwag, wat jou so onder jou moeder se rok in gevloek het Willy. Sou ook my voortande wou gee om te weet wie so vulgar kan wees.

          • Willy

            Leana, wat so ironies is, is dat ek hom van geen kant af ken maar wel sy naby familielid. Nie ken nie maar wel weet van. Dan sal jy jou hande saamslaan. ‘n Goeie lewensles. Passop wie so vroom en nice voorkom. Sy dag sal nog kom! Good things come to those who wait.

          • jan

            Kalium ek is die grootste bewonderaar van HC Bosman se letterkunde. Dit word beskou as een van die 5 beste in Ingels hoor!

            Oor Taktiese argumente het hy in ‘Makapaan” omtrent soos volg geskryf: [Dis waar Kruger se verstommende dapperheid en leierskap uitgekom het met die beleg van Makapaan.in die grot. Dit was so erg en het so gestink van ontbinde lyke dat die Boeremag moes terugtrek. Alles wat beweeg is deur skerpskutters gedood.

            Toe skryf HC B: omtrent so-iets in Ingels:

            ” …En die Here se hand het swaar gerus op die moordenaar Makapaan en sy bende….,

            Toe hou die Boere vergadering om te kan besluit of die Here se hand nie NOG swaarder op Makapaan moet rus nie..”

            Toe bied Kruger aan om homself te vermom en met Makapaan in die donker grot te gaan onderhandel want hy kon Tswana vlot praat..

            Daai kortverhaal beskryf al die moontlike patos van ons mense en slaan jou wind uit in die laaste sin. Absoluut die goudstandaard van ‘n ware Boere verhaal.

            —————

            Die ABO het Bosman dit omtrent so beskryf:”

            Na vier jaar van uiterste ontberings op perde kommando in die Boere oorlog – van veg en vlug, honger en dors, koue en blootstelling – het die boer op sy verwoeste plaas weer sy vrou ontmoet, wat tydens die twee jaar in die konsentrasiekamp haar twee kinders verloor het; het
            hy ontdek dat hyself nooit die oorlog gesien het nie !
            ( Herman Charles Bosman; The Rooinek)

  • jan

    Johan se artikel is baie oorspronklik – dankie daarvoor.
    Koos Bester se uitputtende analise ook iets om mens se gedagtes te orden.

    Maar dis alles onvolledig want die grootste aanslag op die Afrikaner is meer geestelik as fisiese gevaarlik indien dit moontlik kan wees.

    Die kuberaanslag in engels en in afrikaans is veel groter vanuit die buiteland en dek die hele spektrum van kriminaliteit van pornoigrafie tot internet sabotasie tot kaping van rekenaarstelsels.
    Ons eie Stuxnet kulturele virusse wat alle pogings van selfbeskikking saboteer..
    Ons het inderdaad ons eie groteske IT gyselaarsdrama wat deur Naspers begin is en net al erger word.

    Aan die nie-stemmers net die vplgende perspektief: Dat weg te bly en nie te stem nie ontneem HOEGENAAMD NIE die huidige regering stelsel sy wettigheid / nie. Dit ontneem slegs die NIE-stemmers se wettigheid legitimiteit.
    Deur nie te loop stem nie ontburger jy jouself en maak van jouself ‘n banneling in jou eie land. Want dan is jy ’buite die wet’ ipv binne die wet.
    Want daar is neyt 3 opsies
    Binne die wet,
    Onwettig/krimineel
    of Buite die wet. [ sonder enige regte]

    • jan

      Johan – Inderdaad is burgerskap en burgerregte die ding wat in Zimbabme tot die uiterste toe gedryf is omdat die meeste ingelse daar almal Britse burgers was / is ? Dit is juis die stok waarmee hulle geslaan is.

      Nou ontburger ons ons self deur nie te stem nie en hoop dat dit nie teen ons gebruik sal word nie.

      Slegs Orania is ligjare voor mbt tot burgerregte in die nuwe orde.

      In Botswana het die wittes ook destyds ‘n WHite Tribe geregistreer maar dit het min gehelp want die lot wittes het almal vreemde paspoorte ..

    • Sjert

      “…die grootste aanslag op die Afrikaner is meer geestelik as fisiese gevaarlik…”
      In die kol.
      Die verwarring binne Afrikanergeledere wat veral sedert die sewentiger jare hand oor hand toegeneem het, word deurentyd met die hulp van Naspers, tot nuwe hoogtepunte aangevuur.

    • jan

      Die Kuberoorlog is ondenkbaar gevaarlik en gemik teen ons in ons huise.
      Dat daar beweer word dat die Malayse vliegtuig gekaap is dmv ‘n selfoon!!!! Hoe is dit moontlik dat daar geen GPS FIX op die vliegtuig was nie terwyl dit vir ure gevlieg het en gemonitor by RollsRoyce?
      Waarom Snowdan gevlug het is geweldig….
      Daar word beweer dat 3 of 4 IT gurus in verskillende lande bv ons Eskom kragnetwerk kan saboteer
      Merecedes motors word uit die fabriek gemonitor en gevolg.
      Dat die kamera op ons rekenaar sonder ons wete ons kan monitor.
      BertO Bokkie alias Bert Oosthuizen kan ons alles hiervan vertel.want hy is die groot deskundige op sy webwerf vanuit Ingeland..

      dis die moderne kuber Smuts opsie: buitelandse selfbeskikking

      • Dolk

        Soos breinoperasies ens. via kamera/afstandbeheerde arms…

      • Is dit werklik so moeilik vir jou om enige kommentaar te lewer en jou homo-erotiese fiksasie met my in toom te hou?

        • jan

          Bert0
          Jou webwerf beweer dat jy ‘n groot IT deskunige is wat wêreldwyd besigheid doen. Vergelykbaar met Snowden.

          Ek weet dus van geen groter deskunige oor die IT aanslag teen die Afrikaner nie. Gaaf om so ‘n makulu IT guru tot Praag se beskikking te hê.

          Wat is jou storie? Hallusineer jy alweer ? want dit het absoluut niks met jou of enigeen se seksualiteit te doen nie. ?

          Is jou webwerf dan alles bedrog?

          Ek probeer jou op ‘n uiters interessante onderwerp kry naamlik IT/ Kuberoorlog dan begin jy weer met jou immer fulgêre maplotter brein drein.

          • Riempies

            Jan – ek Riempies – nou as self aangestelde moderator
            met die goedkeuring van BertO het die volgende moderering te se:

            Bert jy het hierdie reaksie self uitgelok – Jan kan jy
            nie mooier met BertO praat nie – Terloops ek stem saam met jou dit gaan n uiters
            interessante gesprek wees – na wat ek verneem is BertO n IT spesialis van
            formaat.

          • jan

            Bert0 se vieslikheid is welbekend daarom moes hy vlug uit sy geboorteland – hy gun homself die vryheid van fulgariteit en laster. Goeie voorbeeld is sy obsene valshede wat hy oor ds Solly gepleeg het – en daarmee volhou – volkome vals.
            Jy weet baie goed daarvan. hoedat ek Jan die meeste beledig en bedryg en is op Praag.-. Want ek probeer altyd genadeloos eerlik wees.

          • Riempies

            Jan soveel mense soveel menings – Ek sit nou die dag en
            dink dit sou darrem majestieus gewees het as jy en Thys Human julle oortuigings
            kon bespreek het op n akademiese vlak – jy as Christen en hy as ateiis. Beide
            van julle kan as ontwikkelde mense. Nou dra julle liewer wrokke teen mekaar
            saam wat soos klippe in julle siel julle aftrek na n bakleiery soos nou hier.
            Dieselfde geld vir jou en BertO.

            Wat Solly betref wie weet werklik of dit net n heksejag
            of die waarheid is net Solly en sy God.

            Nou wat die selfaangestelde moderator betref – praat
            ordentlik met mekaar of sharrap! Lees net die gedeelte van persoonlike aanvalle
            en hou minstens net daarby.

            JAVR jy mag maar vloek – maar net saggies asseblief –
            dat ek tog weer kan lag. Moderering is hardewerk!

          • jan

            Riempies jou moederlike ontferming is onvanpas.
            Is Bert0 en Thys dan die eienaars van Praag?

          • Riempies

            Ag ou Jan dis mos maar hoe ek geskape is – hoe gaan ek
            nou verander?

            Hoe dink jy moet ek weet of hulle deel of nie deel is
            van Praag bestuur ek is net maar net so n kommentator soos jy.

          • Riempies, meeste mense is hier om by te dra, ander in te lig en hul kennis te deel. Ander is soos bosluise, muskiete en vlooie – hulle parasiteer op positiewe energie en dra slegs die stank van hul bloedsuiende kuttels by. Dis ‘n sosiale reel dat elke dorpie sy “village idiot” sou hê, en dit blyk Jan / Outoppie / Dolk (en vele ander skuilname) oftewel De Meyer van Orania homself as Praag se dorpsgek aangestel het.

          • JAVR

            Kan dit sien Riempies!!! Jy het verlof nodig girl!!! Hoop net almal het tetanus inspuitings want met die gebytery is daar beslis hondsdolheid op pad!

          • Jy is nie die eerste kwylende homoseksueel wat my al lastig geval het nie, maar wel die eerste op Praag. Hoe lekker om anoniem soos ‘n lafaard agter jou skerm (en Riempies se rokspante) weg te kruip en dan vir kinderverkragter sodomiste in die bresse te tree.

          • Goed so Riempies, ek het dit self uitgelok. Jy is eintlik reg – dis benede my om in gesprek te tree met ‘n seniele, dronkgat vark wat op Orania plak en Praag besoedel met sy stinkende gekots.

          • Riempies

            Bert ek sal vir Koos Ekskoeis Mie loop slaat en daardie
            vetstert skaap en bottel perskemampoer by hom afvat en vir jou gee as jy tog net
            sal ophou kwaadwees.
            Ek kan ook nerens ietsie goed of reg doen vandag nie – ek
            gee my oorwoe en goed deurdagte opinie oor die foto agter op die hempies – moet
            ek hoor ek is nou met songod Ra se embleme deurmekaar by ou Keelvol.

          • Kwaad? Nee man ek’s so mak soos ‘n lammetjie! So van die Songode gepraat, weet jy wie is Amun Ra?

          • Vertel bietjie vir ons: waarop is JY ‘n deskundige? Behalwe in laster, kinderverkragting, sodomie en die Illuminati?

  • Dolk

    Dis goed om te weet Boerseun! Ken self ‘n hele paar Ex-Rhodesiërs wat almal, sonder uitsondering nee gestem het.

  • Anonieme leser

    Ek het ‘n tydjie gelede hier aangesluit na ‘n besoek aan ‘n seun wie in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal lê, en ek lees deur die interessante artikel en kommentare, net om af te kom op ‘n woordewisselling tussen ‘n paar mense.
    Dan dink ek aan die twee gereelde Praag-lesers wie se twee kinders ernstige gebed nodig het. Een wie seun Sondag ernstig beseer is in ‘n ongeluk en vanweë die aard van sy beserings eers more geopereer kan word. Die ander een se dogtertjie wat nou onlangs gediagnoseer is met ‘n lewensgevaarlike siekte.
    Durf ek vra vir gebed, dit terwyl hier onderling baklei word?

    • Dolk

      Ons het gehoor daarvan A.L., verseker is hulle in ons gebede.

      Ek vra verskoning vir my aandeel in die onenigheid – sonder voorbehoud.

      Baie, baie sterkte en ons sal bly bid vir hul genesing. Seënwense.

    • Leana

      Anonieme leser, jammer dat jy toe op die verkeerde forum beland. Sou ons vooraf gewaarsku wees sou ons verseker jou gevoelens ook in ag geneem het.
      Baie jammer om te verneem van die seun asook die dogtertjie. Om in ‘n woordewisseling betrokke te wees beteken verseker nie ons is minder gelowig nie. Dus kan ek u verseker van ons gebede aan die pasiente. Ons glo dat God hulle met Sy Liefde sal omvou en behoed en bewaar vir hul geliefdes en families.

  • Leana

    Dalk is hierdie opskrif nie so geskik soos wat dit mag voorkom nie Dr Dan.
    Ons LEES net ARGUMENT, dan spat die vere.