Vlug MH370 kon radar vermy het

mh3702Maleisië het die 25 lande wat aan die soektog deelneem na die vermiste passasiersvliegtuig, ‘n Boeing 777 van Malaysia Air, vir meer radar- en satellietdata geva.

Die soekgebied is in die afgelope 24 uur uitgebrei. Visualisering wat al 634 aanloopbane aantoon waar vlug MH370 kon geland het, is deur die VSA gedoen.

Die Australiese premier Tony Abbott het gesê sy land sal die leiding neem in die soektog van die suidelike sektor.

Die vliegtuig met 239 mense aan boord het verlede Saterdag spoorloos verdwyn. Geen teken van die vlug van Kuala Lumpur na Beijing is nog gevind nie en ‘n moontlike kaping is nie uitgesluit nie.

China het Maleisië skerp gekritiseer weens teenstrydige inligting oor die vermiste vlug MH370. China het gesê dit lyk na pligsversaking deur Maleisiese owerhede.

Meer as die helfte van die 239 passasiers aan boord, is Chinese burgers.

Indië sy soektog rondom die Andaman- en Nicobareilande oor die naweek afgelas nadat die Maleisiese eerste minister, Najib Razak aangekondig het dat die soektog aangepas sal moet word.

Nuwe inligting toon dat die kommunikasiestelsel van die vliegtuig doelbewus afgeskakel is. Die vliegtuig het volgens satellietdata nog minstens sewe en ‘n half uur gevlieg.

Die Chinese staatsmedia is skepties oor die inligting wat tot dusver deur Maleisië vrygestel is.

Op sosiale media heers kritiek teen Maleisiese owerhede se onvermoë om ‘n deurbraak te maak namate die soektog sonder resultate voortsleep.

Die Maleisiese premier, Najib Razak het die naweek gesê die vliegtuig kon moontlik nog verskeie ure gevlieg het nadat daar van die vlugroete afgewyk is.

Die China Daily-koerant het dié laat aankondiging oor die ware toedrag van sake bevraagteken.

Daar is berigte in die laaste uur of so, wat beweer nuwe inligting toon dat die vliegtuig skielik gedaal het tot op ‘n hoogte van 5000 meter.

Ondersoekbeamptes glo die vliegtuig het die dramaties lae hoogte bo seespieël gekies in ‘n gevaarlike ontwykende vlugtegniek. Die lae vlak het vliegtuigradaropsporing in minstens drie lande gefnuik.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.