Duitse president Gauck ‘n voorstander van eensydige ingryping

Gauck hand om die blaas met sy meester
Gauck hand om die blaas met sy meester

Daar was vroeër vanjaar rekordgetalle betogers vergader teen die jaarlikse sekuriteitskonferensie in München, Duitsland, en dit was nie per toeval nie.

Duitse deelnemers aan die konferensie het vir ‘n meer gespierde (lees: aggressiewe) buitelandse beleid gevra, en daar het stemme opgeklink ten gunste van die uitbreiding van die rol van die Bundeswehr in NAVO wat in die naam “vredessendings in die buiteland” diens doen.

Byna 5000 Duitse militêre personeel neem tans deel in nege internasionale konflikteaters, insluitend meer as 3135 in Afghanistan en 784 in Kosovo.

Die dag voor die konferensie afgeskop het, het Angela Merkel in ‘n gesprek met die Verenigde Nasies se Sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, die noodsaaklikheid beklemtoon om Duitsland se bydrae in krisisbestuur te verhoog.

Terwyl die kanselier die hele reeks aktiwiteite geskets het, het Duitsland se federale president Joachim Gauck net die militêre aspekte benadruk.

Die voormalige Protestantse predikant het ‘n langasempreek afgesteek vir uitgebreide militêre betrokkenheid, en te velde getrek teen… pasifiste.

Volgens Gauck gebruik pasifiste die historiese skuld van die Duitsers om teen deelname in buitelandse konfliksituasies te protesteer. Hy bedoel natuurlik diegene wat artikel 26 van die Duitse Grondwet te letterlik opneem. Luidens artikel 26 mag die land geen militêre bedreiging inhou nie.

Duitsers is vandag demokrate met ‘n skoon gewete en ‘n vlekkelose geskiedenis as mens na Gauck luister. Maar die voormalige kommuniste het nie dieselfde voorreg nie. Hulle moet die verlede onthou, selfs al is hulle vandag demokraties.

Joachim Gauck was een van die eerstes wat inderhaas die Praag-verklaring oor Europese Gewete en Kommunisme (2008) en die Verklaring oor Misdade van die Kommunisme (2010 ) onderteken het.

Daarvolgens moet kommunisme voor ‘n spesiale internasionale tribunaal soos die Nuremberg-verhoor van 1945 gedaag word, asof die Oos-Duitsers nie lustig saamgewerk het daarmee nie. Hy verdoem ten minste ‘n groot deel van sy eie landgenote.

Selfs die geskiedkundiges wat kommunisme en fascisme vergelyk, kritiseer Gauck se geheueverlies oor sy eie tragiese biografie: Sy pa was self in ‘n Britse tronk.

Die president van Duitsland dink sy eenogige verwysing na die geskiedenis is ‘n verskoning wat toelaat dat die Duitsers vandag gemaklik agter die rug van heldhaftige bondgenote kan wegkruip.

Hy meen dit is niks anders as morele verdorwenheid dat die Verenigde State van Amerika alleen “vrede” moet handhaaf nie. Gauck glo dat Duitsland en sy bondgenote meer verantwoordelikheid moet neem.

Kenners weet egter goed waar die huidige idee van Duitsland se verantwoordelikheid vandaan kom. In September 2013 het die Duitse Instituut vir Internasionale en Sekuriteitsaangeleenthede van die Stiftung Wissenschaft und Politik (SWP) en die Duitse Marshall Fonds van die Verenigde State ‘n verslag getiteld New Power, New Responsibility, elements of a German Foreign and Security Policy for a Changing World, die lig laat sien.

Die belangrikste gevolgtrekking van die studie is dat Duitsland se invloed in Europa behoort te groei saam met sy verantwoordelikheid teenoor die Verenigde State van Amerika. President Joachim Gauck is duidelik besig om die eenduidige rigting daarvan aan te dui.

Hy is van mening dat die beginsels van staatsoewereiniteit en nie-inmenging nie van toepassing is op regimes wat geweld gebruik nie. Dit is net nog ‘n poging om die beginsel van nie-inmenging te vervang soos in die Verenigde Nasies se Handves vervat.

Duitsers is veral geïnteresseerd in die wetlike aspek want hulle is bekend daarvoor dat hulle groot respek het vir alles wat op skrif gestel word. Horst Köhler, die voorloper van Gauck, het al in sy tyd al probeer toesien dat die beginsel van nie-inmenging hersien word.

Voor die studente van die Universiteit van Tübingen in 2004, het hy die Konstitutiewe Wet van die Afrika-Unie as … ‘n voorbeeld van ‘n dokument gebruik wat beskerming bied aan demokratiese waardes. Trouens, die Wet beoog die reg van ingryping in ‘n lidstaat in die geval van oorlogsmisdade, volksmoord, misdade teen die mensdom ( artikel 2 , item h)

Die Duitsers glo dus dat hulle ook moet ingryp in Afrika, behalwe natuurlik as dit oor plaasmoorde gaan waar wittes doodgemaak word. As dit by die plundery in die DRK kom, is hulle al te gewillig om teenwoordig te wees, want daar hoef hulle nie wittes te ondersteun nie.

Ander Europeërs het ook intussen besmet geraak deur die militaristiese ingrypingsvirus. Oostenryk en die Tsjeggiese Republiek het blykbaar besluit om die resultate van 1938 se München-konferensie te hersien en te erken dat Hitler eintlik deur demokratiese idees aangevuur is ter beskerming van die Duitse bevolking teen etniese diskriminasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.