Hockenheim behoort aan Hamilton

Deel op

Image

Lewis Hamilton op die podium

Die Britse fomule 1-rensensasie, Lewis Hamilton, lyk my is terug op sy beste. Hy het die afgelope naweek vir die tweede agtereenvolgende keer eerste oor die wen streep gejaag met sy Mclaren Mercedes.

Deel op

Dit plaas hom nou eerste op die algehele bestuurder kampioenskap, en Mclaren-Mercedes in ‘n stewige derde plek om die vervaardigerstitel. Die seisoen is nog ver van gedaan en wie weet, dalk sal Hamilton nog die Mclaren F1 LM in sy motorhuis kan parkeer wat aan hom belowe is as hy die seisoen sou wen. Hockenheim was Hamilton se vierde oorwinning in 2008 en sy agtste in sy baie kort formule-eenrenloopbaan van net 27 wedrenne. Kovalainen, Hamilton se spanmaat by Mclaren, het hom laat verbygaan om sodoende die wedren te wen. Kovalainen was uiteindelik dan vyfde deur die wenstreep. Raikkonen van Ferrari was sesde en Massa, sy Ferrari-spanmaat het darem derde geëindig nadat Nelson Piquet junior van die sewentiende plek regdeur tot tweede gejaag het. Dit was Piquet se eerste podiumplek vir die seisoen.

Image

Hockenheim 2008

A1 kry Ferrari-enjin

Die A1-wedrenne is nou nie juis formule een nie, maar volgens party mense is dit so naby as wat kan kom. Wel hier is ‘n idee presies hoe naby A1 aan Formule 1 is. Ons nuutse A1-motor gebruik die 2004 Ferrari-gebaseerde onderstel wat so suksesvol in die Schumacher-era was. Ja, dit is al amper 5 jaar later, nè! Die enjin is ‘n V8-enjin wat deur Ferrari gebou word, bande word verskaf deur Michelin. Die A1-kampioenskap begin op 19 Julie in Italië en sal dan ook na Suid-Afrika kom as een van 11 lande waar die reeks beslis word.

tiara hair bandФільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.