Gratis Afrikaanse speltoetser WSpel is hier!

wspelWSpel het pas weergawe 14.1 geloods!

Met meer as 516,000 woorde in die WSpel-woordelys en duisende inskrywings in MS-Word se AutoCorrect-funksie, is WSpel tans die grootste Afrikaanse speltoetser vir Microsoft Office (Windows en Mac) ter wêreld.

Daarby voldoen dit aan die spelwyse van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) 2009. Dis alles gratis, want WSpel is gratis vir almal.

Ons doelwit is om die omvattendste en gebruikersvriendelikste speltoetser gratis in Afrikaans daar te stel.

WSpel word gereeld bygewerk met nuwe woorde of bestaande woorde wat voorheen nie opgeneem is nie. U kan die program gratis van tyd tot tyd aflaai of laat bywerk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.