ANC-lyfwagte skiet glo op ongewapende skoolkinders in Bekkersdal

Deel op
Vorige onluste op Bekkersdal op 15 Oktober 2013
Vorige onluste op Bekkersdal op 15 Oktober 2013

Die ANC se verkiesingsveldtog is gister in Bekkersdal ondermyn toe jong swartes die party se beplande koukusvergadering ontwrig het.

Volgens ‘n verklaring deur die ANC in Gauteng se hoofsweep Brian Hlongwa uitgereik is, is gister se koukusvergadering op Bekkersdal ontwrig. Die party meen dat daar nie “verbode plekke in ‘n demokratiese samelewing mag wees nie”.

“Dit is onaanvaar dat skoolgaande kinders gepla moet word soos vandag gebeur het en dat wettige openbare verteenwoordigers verhoed word om hul werk te doen,” sê Hlongwa.

“Die probleme in Bekkersdal moet vinnig opgelos word, tesame met alle belanghebbendes anders gaan anargie die demokratiese proses in daardie lokasie laat ontspoor.”

Hy het egter erken dat daar twee groot probleme bestaan wat deur die gemeenskap verwoord is.

Die eerste is die verwydering van die burgemeester en die raad, wat grondwetlike kwessies is wat deur middel van meganismes in dié dokument geskied, terwyl die tweede gaan oor die korrupsiebewerings.

“In dié opsig glo ons dat die Gauteng-regering tesame met die Groter Westonaria-bekommerde-inwonersvereniging ooreengekom het oor hoe om die kwessies met die betrokkenheid van die betrokke staatsondersoekinstellings aan te spreek,” sê Hlongwa.

“Dus is daar duidelik verbintenisse en ‘n program om die uitdagings die hoof te bied, ten minste aan regeringskant, maar ek dink dat ons koukus moet sorg dat dié prosesse bespoedig word.”

Die Ekonomiese Vryheidsvegters sê die Gautengse premier Nomvula Mokonyane en ander ANC-lede het Bekkersdal toe gegaan om HOP-huise aan die gemeenskap te oorhandig.

“Die premier Nomvula Mokonyane en haar span het gekom om die HOP-huise te oorhandig en toe hulle sien dat die gemeenskap nie belangstel nie en haar verwerp, het hulle hulself vir verkiesingsdoeleindes aan Bekkersdal opgedring,” sê die EFF-koördineerder Omphile Maotwe in ‘n verklaring.

“Ons is onsteld om te verneem dat die polisie díe jong skoolkinders daarvan beskuldig dat hulle klippe na ongemerkte voertuie gegooi het, en rubberkoeéls op hulle hulle gevuur het om hulle uiteen te jaag.”

Die leier van die Bekommerde inwoners van Bekkersdal, Thabang Wesi, meen dat die inwoners verbaas was om lyfwagte met vuurwapens in die lokasie op te merk.

Volgens hom het die lyfwagte op ongewapende mense, hoofsaaklik skoolkinders, gevuur.

“Die inwoners het daarna terugbaklei. Die situasie was baie gespanne,” sê hy.

Wesi sê hulle gaan niemand keer om in die komende verkiesing op 7 Mei te stem nie. Hy het egter ‘n beroep op inwoners gedoen om slim te stem.

“As mense wil stem, laat hulle stem, maar hulle moet die regerende party uitstem. Ons kan sien hoe arrogant die ANC is en dat hulle geweld gebruik om ons te dwing om vir hulle te stem,” sê hy.

Wesi het insgelyks beswaar gemaak teen die ANC se optrede deur die lokasie sonder vooraf raadpleging te besoek. Volgens hom het ander partye die gebied sonder steurnisse of konflik besoek.

Maotwe het gesê dat Mokonyane behoort te aanvaar dat die gemeenskap van Bekkersdal haar en haar leierskap verwerp het.

“Hierdie is dieselfde mense waaroor sy gesê het dat sy nie hul vuil stemme wil hê nie.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.