SA gaan graad-vier meisies teen MPV inent

Deel op

MPVSuid-Afrika sal die eerste land in Afrika wees om graad-vier meisies in te ent teen servikskanker.

Jong meisies tussen 9 en 10 in die armste staatskole gaan voorsien word van ‘n baie duur entstof teen MPV.

Wêreldwyd is MPV die mees algemene seksueel oordraagbare infeksie in volwassenes en meer as 80% van Amerikaanse vroue sal ten minste een stam opdoen teen die ouderdom van vyftig.

Die meeste sterftes kom egter in ontwikkelende lande voor.

Die inentingsveldtog wat in Bloemfontein bekendgestel is, sal op die staat se koste onderneem word.

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die program sal ‘n deurslaggewende rol speel om serviks- of baarmoederkanker te verhoed.

Die gesondheids- en MIV-instituut van die Universiteit van die Witwatersrand sê die entstof kan sowat 70 persent van baarmoederkankergevalle wat deur die papilloomvirus veroorsaak word, verhoed.

Daar heers vrae oor die entstof Gardasil en sommige studies beweer die risiko’s word nie genoeg beklemtoon nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.