Geweld deur swart studente by UWK doodgeswyg

Deel op
Prof O'Connell
Prof O’Connell

Die Universiteit van die Wes-Kaap se visekanselier en rektor, Porfessor Brian O’Connell, sê daar is ‘n verskuilde agenda agter studente wat eis dat hy bedank.

Die universiteit se studenteraad (SR) het dié week ‘n protesoptog gelei wat in geweld ontaard het. Swart studente met ANC en EFF-T-hemde het amok gemaak op die kampus.

Die voorval word deur die media asook die regering doodgeswyg.

Vroeër het die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, teen Noordwes-universiteit uitgevaar oor “Nazi-salute”, maar het nog geen sprook gesprak oor die grootskaalse intimidasie, geweld en vandalisme by UWK nie.

Die SR het ‘n beroep op O’Connell en die adjunk-visekanselier, Ramesh Bharuthram gedoen om hul poste te ontruim, weens “wanadministrasie”.

By ‘n mediakonferensie in Kaapstad, het O’Connell die onlangse geweld as jammer beskryf, en bygevoeg dat die SR interne prosesse kon gebruik het om sy griewe te lug.

“Ons het gewonder waarom sou die SR in Maart begin toyi-toyi en klasse ontwrig om ontslae te raak van die kanselier en visekanselier. Hoe sou dit ontslae raak van ons? Ons het nou tot die gevolgtrekking gekom dat dit veel dieper is as wat ons gedink het dit was, en dit is nie regtig ‘n SR-saak nie.”

Die Studenteraad sê studente het hulle ‘n mandaat gegee om O’Connell se onmiddellike bedanking te eis.

Die SR-president, Msingathi Kula sê, “wanadministrasie van fondse, onreëlmatige tenders wat toegeken is, nepotisme, oortreding van die Raadsreëls, chauvinisme en boelie van personeellede. Uiteindelik al daardie dinge is waaronder studente ly.”

Die groep oproerige swart studente het mede-studente aangeval, eiendom beskadig, klasse ontwrig en die universiteit tydelik tot stilstand gedwing.

Swart studente het glo mede-studente wat nie registrasiegelde kan betaal nie, aangehits om ‘n staking te reël. Die “staking” het vinnig hand uit geruk en die swart studente het hulself tot vernielsug, geweld en intimidasie gewend.

Die oproeriges het klasse binnegestorm, handgemeen geraak met studente wat wou lesings bywoon, studiemateriaal gevandaliseer, rekenaars en selfone stukkend gegooi en nie-stakende studente met die dood gedreig.

Een van die studente moes berading ontvang nadat sy erg deur die voorval getraumatiseer is.

Die swart studente het veral wit en bruin betalende studente aangerand.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.