Federer se rangposisie in gevaar

Roger Federer se nommereenposisie op die wêreldtennisranglys is in gevaar nadat hy 'n openingswedstryd teen die Fransman Gilles Simon verloor het.

Federer het 2-6, 7-5,. 6-4 in die tweede rondte van die ATP-meesterstoernooi in Toronto, Kanada verloor.

Die nommer een het die jaar met 'n voorsprong van 1 445 punte oor Rafael Nadal begin. Hy is egter in vandeesmaand se klassieke Wimbledon-finaal deur Nadal geklop.

Maar Federer staar nou die moontlikheid in die gesig dat hy die posisie wat hy al vir 234 weke sedert 2004 hou, mag afstaan.

Hy het gesê dit was 'n swak begin, maar hy is nou vasberade om te oefen om dinge om te keer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.