Stappe teen Rwandese diplomate weens misdadige bedrywighede

Deel op
Jeff Radebe
Jeff Radebe

Jeff Radebe, minister van justisie en grondwetlike ontwikkeling, sê Suid-Afrika se besluit om diplomate van DRK-buurlande uit die land te sit, was geregverdig.

Radebe het die media in die Parlement toegespreek oor die onlangse diplomatieke onderonsie met Rwanda.

Suid-Afrika het drie Rwandese diplomate en een van Burundi die deur gewys, omdat daar bewyse was dat hulle by misdaad betrokke was, sê Radebe. Volgens hom was die indiwidue by onwettige bedrywighede betrokke.

Omdat hulle diplomatieke immuniteit geniet, kon die vier nie in hegtenis geneem word nie.

Rwanda het in reaksie ses Suid-Afrikaanse diplomate uit die land gesit.

Dié diplomatieke voorval volg nadat die voormalige Rwandese intelligensiehoof, Patrick Karegeya, in Desember in Suid-Afrika vermoor is.

‘n Week gelede was daar ‘n aanslag op die huis van nog ‘n Rwandese uitgewekene, die voormalige weermaghoof, Kayemba Nyamwasa.

Radebe het egter gesê diplomatieke betrekkinge met Rwanda is nog steeds op koers ten spyte van die stappe wat teen die onderskeie lande se diplomate geneem is.

Ingevolge die grondwet moes die regering teen hulle optree, het Radebe gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.