Wetsontwerp teen gewillige koper/verkoper goedgekeur

Deel op

blackpowerDie wetsontwerp op Eiendomswaardasie is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur wat die beginsel van gewillige koper/verkoper sal prysgee.

Die maatreël het glo ten doel om “buitensporige grondpryse” te verhoed, maar die gees daarvan is anti-wit.

Wit grondeienaars sal voortaan op grond van hul ras gedwing word om afstand te doen van hul plase en eiendom wat oor geslagte lank ontwikkel is weens die “skuld van die verlede”.

Hierdie oordrag sal danksy die wetsontwerp ten nadele van die huidige wit eienaars geskied.

Kenmerkend reeds van die Groenskrif op Grondhervorming is dat die onteiening gerig is “teen blankes wat grond gesteel het”.

Die doel van die wetsontwerp is oënskynlik om aan die regering die geleentheid te gee om grond vir grondhervorming teen “billike pryse” te bekom.

‘n Kantoor van die Waardeerder-generaal sal geskep word om die “waarde” van grond vas te stel wat die regering vir herverdelings-of hersteldoeleindes wil aankoop.

Die Waardeerder-generaal se verantwoordelikhede sal wees om “finansiële vergoeding na afloop van onteiening [te bepaal] ingevolge die Wet op Onteiening.”

Volgens artikel 25(2)(b) van die Grondwet, kan “[e]iendom slegs ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif onteien word – onderworpe aan vergoeding waarvan die bedrag en die tyd en wyse van betaling óf deur diegene wat geraak word, aanvaar is, óf deur ’n hof bepaal of goedgekeur is.”

Die regering se inmenging in die vasstelling van grondpryse is dus strydig met vrye mark-beginsels en gesonde ekonomiese bestuur soos in die Grondwet vervat.

Tans bestaan geen eiendomsreg of huurbesit van boere in die tradisionele tuislande ten opsigte van grond nie.

Die swart bevolking het met ‘n verstommende 920% sedert 1913 toegeneem, hoofsaaklik te danke aan ‘n oorvloed kos wat deur wit boere en Westerse infrastruktuur voorsien is.

Suid-Afrika se wit bevolking het byna geen groei getoon nie vanaf 1913 nie. Van die 1,2 miljoen blankes destyds is daar ‘n 100 jaar later slegs 3,4 miljoen in die land.

Ten minste 1 miljoen blankes het reeds gevlug sedert die begin van die swart regering in 1994 en ‘n geskatte 70.000 blankes is reeds vermoor deur swart rassistiese moordbendes in ‘n etniese suiweringsveldtog, waarvan ten minste 4000 wit boere en hul familielede in landelike gebiede.

Die wetsontwerp sal nou na die Nasionale Raad van Provinsies gestuur word vir goedkeuring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.