Ontploffing eis vier in NY

Deel op

harlemgasDie ontploffing wat New York Woensdag geskud het, was glo te wyte aan ‘n gaslek.

Die dodetal in die gasontploffing in Harlem, in die noorde van die Amerikaanse stad, sal na verwagting nog verder styg.

Twee woonstelgeboue is slegs vyftien minute nadat ‘n gaslekkasie by die plaaslike kragverskaffer aangemeld is, deur ‘n reuse ontploffing in puin gelê.

Die geweldige slag het stukke van die gebou tot meer as 20 meter ver laat spat en inwoners het gesê dit het soos ‘n aardbewing gevoel.

Meer as 250 brandbestryders moes spook om die brand onder beheer te bring.

Die dodetal staan op vier, maar die owerhede kon nog nie vasstel hoeveel mense in die geboue was toe dit ineengestort het nie.

Na wat berig word, word nege mense tans vermis en 60 mense is in die ontploffing beseer.

‘n Opruimingsoperasie is aan die gang wat ‘n geruime tyd sal duur.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.