Kameroense digter besmet bewustelik Poolse vroue met MIV

Deel op
'n Kameroense digter en aktivis wat as 'n vlugteling sedert 1999 in Pole woon, word tans daarvan aangekla dat hy 11 vroue met die MIV-virus besmet het.
Deel op

Die verhoor van Simon Moleke Njie, wat 34 jaar oud is en ook as Simon Mol bekend is, sal na verwagting etlike maande duur.

Mol het aan ondersoekbeamptes gesê hy het nie destyds geweet dat hy MIV-positief is nie.

Maar Poolse ondersoekbeamptes sê dat verskeie van sy metgeselle aan hom vertel het dat hulle positief getoets is.

Mol het voorheen die nuus in Pole se liberale koerante gehaal toe hy veldtogte teen rassisme georganiseer het.дизайн гостиной с кухней и каминомалександр лобановский харьков класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.