Ek is soos Mandela, s? Islamitiese vegter

Deel op

'n Somaliese Islamitiese aktivis wat van bande met al-Kaeda verdink word, het homself met Nelson Mandela vergelyk. Hy meen dat hy ook veg om sy land van vreemde besetting te bevry.

Deel op

Sjeik Hassan Dahir Aweys word deur die Amerikaanse regering as 'n terroris gelys maar noem homself 'n vryheidsvegter. Volgens hom was Nelson Mandela ook eens 'n terroris en was hy op 'n VSA-lys van mense wat daarvan beskuldig word dat hulle terrorisme aanblaas, maar nou is hy 'n patriot en 'n gerespekteerde figuur.

Aan die begin van dié maand is Nelson Mandela en die African National Congress van 'n Amerikaanse immigrasieswartlys vir moontlike terroriste afgehaal waarop hulle 30 jaar lank verkeer het.

зарядное устройстволобановский александр дочь

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.