Vaalrivier stoot gevaarlik oor sy oewer

Deel op

vaaldamDie departement van waterwese het gemeenskappe wat aan die oewer van die Vaalrivier woon, of wat bote daar vasmeer, gewaarsku om bedag te wees op moontlike oorstromings, het RSG berig.

Die rivier oorstroom byna sy walle. ‘n Taakspan van die Weermag is steeds op ‘n gereedheidsgrondslag, maar geen noodtoestand is afgekondig nie.

Verskeie waarskuwings is in die Sedibeng-distriksmunisipaliteit in Gauteng uitgereik.

Die deurdringende reën wat reeds bykans twee weke oor groot dele van die land uitsak behoort eers Vrydag in die noordoostelike dele te begin opklaar.

Waarskuwings geld ook die Vrystaat en Noordwes. Die kantoor van die premier van Noordwes het ‘n vloedwaarskuwing vir die provinsie uitgereik weens talle brûe wat oorstroom is.

Die sluise van die Vaal- en Bloemhofdamme is ook oopgemaak om die watervloei te beheer. Verskeie verdrinkings en reddingsoperasies is gister aangemeld.

In Mpumalanga alleen het elf mense verdrink en 12 is gered.

Meer as 700 families is in Limpopo weens oorstromings dakloos gelaat.

Die Minister van Behuising in Limpopo sê informele woonbuurte in Modimole word die ergste geraak, waar woonplekke ineengestort het.

Die departement het die mense van komberse, tente en kospakkies voorsien.

Intussen is verskeie paaie in Ellisras (Lephalale) gesluit en nog paaie in ander dele van die provinsie het baie skade gely.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.