Sanral gaan voort met Wynlandtolprojek

Deel op

wynlandtolprojekDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap sê hy is steeds van plan om die voorgestelde N1/N2 Wynlandtolprojek in die Wes-Kaap in te stel.

Die Sanral-woordvoerder, Vusi Mona hulle wag vir die hofproses om afgehandel te word.

Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het verlede Mei ‘n tydelike interdik aan Kaapstad toegestaan wat keer dat die tolprojek ‘n aanvang neem.

Sanral sê tradisionele tolhekke eerder as elektroniese tolhekke sal opgerig word.

Motoriste sal moet stop en betaal voordat hulle verder kan ry want ʼn e-tolstelsel, soos wat in Gauteng, is slegs doeltreffend op paaie wat ʼn groot hoeveelheid verkeer moet hanteer.

Daar is nagenoeg 220 000 voertuie wat daagliks van die Ben Schoeman-snelweg gebruik maak wat die e-tolstelsel meer prakties maak.

Net ongeveer 52 000 tot 160 000 voertuie maak daagliks van gedeeltes van snelweë in Kaapstad gebruik.

Die voorgestelde tolpad op die N1 strek in die weste van die R300-wisselaar tot by Sandhills. Die N2-gedeelte van die voorgestelde tolpad strek in die weste van die R300 tot by Botrivier.

Sowat 180 kilometer van die snelweg word vir die projek beoog.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.