Munisipaliteite skuld Eskom miljarde

Deel op

EskomMunisipaliteite skuld Eskom meer as R2 miljard. Eskom moes reeds twee noodtoestande afkondig weens druk op kragvoorsiening.

‘n Woordvoerder van AfriForum, Tiaan Esterhuizen, het dié syfer bekendgemaak te midde van beurtkrag wat oorweeg is om elektrisiteit aan verbruikers te verskaf.

Esterhuizen sê Mpumalanga skuld reeds meer as R800 miljoen, terwyl munisipaliteite in die Vrystaat se skuld R570 miljoen beloop.

Esterhuyzen sê alhoewel belastingbetalers hul rekeninge elke maand betaal, word hulle nogtans sonder krag gelaat weens swak finansiële bestuur deur munisipaliteite.

Hy sê lisensies om elektrisiteit te verskaf, behoort teruggetrek te word van munisipaliteite wat nie hul rekenings kan betaal nie.

Teenstrydige uitsprake oor die druk op kragvoorsiening is intussen deur regeringslui gemaak.

Die uittredende uitvoerende hoof van Eskom, Brian Dames sê dit sal sowat 10 jaar duur om die land se kragprobleme op te los.

Dames het die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid in Johannesburg toegespreek.

Pravin Gordhan het Dames in die parlement weerspreek en gesê kragvoorsieningsprobleme sal binne 2 jaar iets van die verlede wees.

Die minister van finansies het die versekering gegee dat die drie nuwe kragaanlegte wat gebou word, asook projekte van R110 miljard deur onafhanklike kragvoorsieners, in die vraag sal voldoen.

Eskom het intussen aansoek gedoen vir uitstel van kweekhuisgasminimumuitsette.

‘n Woordvoerder van die departement van omgewingsake sê die regering het steeds ‘n verbintenis tot die vermindering van kweekhuisgasuitsette, maar moet ekonomiese groei ook in ag neem.

Eskom het uitstel gevra vir sestien van sy kragstasies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.