Van nou af ondersteun ek die Wallabies

Deel op

Goed, ek bely, ek is ‘n swakkeling: Ek is versot op sport; rugby en krieket veral. Sodanig sal ek myself Saterdagoggend voor die TV installeer om die nuutste Suid-Afrikaanse voetbalaanslag teen die Wallabies te bekyk. Maar, vir die eerste keer in my lewe, gaan ek die Aussies se grootste, lawaaierigste rasieleier wees. Mag die dragtige Bontebok – want kenteken ten spyt, die Springbok sal daar nie op die veld wees nie – met groot minagting en uitbundige deeglikheid geslag word. Ja, ek is swaar van tong en traag van begrip, dit vat my lank, maar in ‘n lucidum intervallum kon ek die ontsaglike propagandawaarde van getransformeerde, kwotabelasde sport na behore waardeer. Sport is die ongegrimeerde gesig wat ‘n land vir die wêreld wys. As jy na ‘n land se sportmanne en -spanne en hulle administrasie, gehalte, sportmangees, benadering en gedrag kyk, is dit ‘n loergaatjie in die nasionale psige van ‘n land in.

Deel op

Sport was die eerste en duidelikste teiken op apartheid se rug. Die D’Oliveira-insident het meer gedoen om liberale westerse verontwaardiging te laat ontbrand as al die A.N.K. se skuim-om-die-mond.

Eweneens kan die rassistiese Mbeki-regime probeer om die ware onheilige aard van hulle blankehaat te versiersuiker maar hulle onbeholpenheid en die verbetenheid waarmee hulle hulleself in die voet skiet, is daar vir almal om te sien waar ‘n Suid-Afrikaanse sportspan ook al die veld betree. Rugbykenners in Oseanië, Europa en Argentinië weet wie Gary Botha, Schalk Brits en Bismarck du Plessis is. Hulle weet hierdie bere is besonder begaafde hakers. En hulle weet dat onse Chilliboy maar net ‘n snuiter in rugbyterme is en dat hy net John Smit se vakleerling is omdat hy swart is. Hulle weet dat daar nie een "etniese swart" speler is wat dit op speelwaarde tot in die S.A. voorpak sou maak nie. Hulle weet ook dat geen Suid-Afrikaanse sportkyker nie entoesiasties is oor die insluiting van sulke swart sterre soos die Ndungane-broers nie.

Wat die oorseese kyker die meeste opval is die onverdoeselbare agteruitgang van ons sport. Die tengerige Sri-Lankers rantsel ons kriekethelde af asof hulle kinders is. Daar is minder rugbyspelers in die hele Australië as wat daar in Stellenbosch is maar ons kan nie eens ‘n span saamstel om ‘n enkele punt teen hulle aan te teken nie. Ons sokker is die patetieste van alles. Nadat ons in ons eerste poging die Afrika Nasiebeker in 1996 gewen het – met ‘n wit afrigter en ‘n wit kaptein – het ons dit in die laaste twee uitstappies nie eens tot in die tweede rondte gemaak nie. Vorm, sê hulle is tydelik maar klas is deurlopend. Ons het nie klas of vorm nie en dit kan niemand vir die wêreld wegsteek nie. Met watter trompetgeskal multikulturele Suid-Afrika aan die wêreld verkoop word, een ding is baie duidelik: Die Nuwe Rassistiese Suid-Afrika se sportspanne is pateties. En as hulle pateties is, wat sê dit van die res van die land wat deur die A.N.K. bestuur word?

Ons sportadminstrasie is so rassisties, korrup, onbeholpe en lagwekkend soos die res van ons land se bestuur. En die buitewêreld kan dit onmoontlik baie langer miskyk. Hierdie insig sal ‘n begrip bring vir ons saak; ons strewe na ‘n land van ons eie. Elke keer wat Andrew Hall uitkom om te kom kolf, word daar vertel hoe hy beroof en geskiet is. En nog ‘n voornemende toeris besluit om liewer die Amazone te gaan besoek. En nog ‘n persoon knik sy kop omdat hy ons krisis beter verstaan.

Advance Australia fair!

компрессор со 7аОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.