Manuel en Motlanthe tree uit

Deel op
Manuel en Motlanthe
Manuel en Motlanthe

‘n Parlementêre program het die duidelikste aanduiding tot nog toe gegee dat adjunk-president Kgalema Motlanthe en minister in die presidensie, Trevor Manuel, nie sal terugkeer na die parlement na die verkiesings nie.

Die program toon dat LP’s Dinsdag afskeidshuldeblyke vir beide Motlanthe en Manuel sal hou tydens ‘n sitting.

Die parlement sal Donderdag ontbind na sy vyfjaartermyn tot ‘n einde gekom het. ‘n Nuwe parlement sal na afloop van 7 Mei se algemene verkiesing aangewys word.

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, het nie gereageer op oproepe en SMS-boodskappe nie.

Luzuko Jacobs, woordvoerder van die parlement het gesê die geskeduleerde afskeidshuldeblyke verskyn op die program want die betrokkenes het spesifiek gevra om ingesluit te wees.

Jacobs het die media aangeraai om met die onderskeie kantore te skakel.

Manuel se woordvoerder, Dumisa Jele wou nie sê of dit Manuel se swanesang in die parlement sal wees nie, maar het gesê die minister het gevra om die parlement Dinsdag toe te spreek, want hy sal uit die land wees as die parlement Donderdag ontbind.

Daar sal Donderdag ‘n geleentheid vir LP’s se afskeidstoesprake wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.