Weermag gereed vir vloede

Deel op

floodsDie Nasionale Weermag is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas om hulp te verleen in vloedgeteisterde gebiede van Suid-Afrika.

Die departement van Samewerkende Regering het bevestig dat die Weermag gereed is om in noodgebiede te ontplooi.

Die departement sê die nasionale Rampbestuursentrum het provinsiale en munisipale rampbestuursentrums ingelig dat hulle voorbereidings moet begin tref om bystand te verleen.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het vroeër reeds gewaarsku dat nog reëns in Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal sal uitsak.

Vloedgeteisterde gebiede het reeds die lewens van vier mense geëis, 12 is gered en een persoon word nog vermis. Tientalle mense is ook dakloos gelaat en talle paaie en brûe het weggespoel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.