Drie busse aan die brand gesteek

Deel op

butterworthDrie busse is in Butterworth in die Oos-Kaap aan die brand gesteek, het die polisie Maandag gesê.

Die bestuurders van die City to City-busse het in ’n nabygeleë hotel oornag toe die busse omstreeks 01:00 Sondag aan die brand gesteek is, het kapt. Jackson Manatha gesê.

“Die polisie vermoed die busse is opsetlik aan die brand gesteek en het elektriese foute uitgesluit [as moontlike oorsaak],” het Manatha gesê.

’n Saak van opsetlike saakbeskadiging word tans ondersoek.

Die skade aan die busse word op ongeveer R4 miljoen geraam.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.