VN loods aanval teen Hoetoe-rebelle in DRK

Deel op

undrcDie Verenigde Nasies en die Kongolese leër het militêre operasies in die Demokratiese Republiek van die Kongo teen die Rwandese Hoetoe-rebellegroep, die FDLR ontplooi.

Die VN se nuwe ingrypingsmag wat Suid-Afrikaanse soldate insluit, sal in die oostelike deel van die land die aanval teen die rebelle loods.

Die FDLR het skuiling in die reënwoude se ruigtes geneem tussen die plaaslike bevolking.

Die groep is in die DRK sedert die Toetsies na ‘n rebellie beheer van Rwanda oorgeneem het.

Intussen het Suid-Afrika ook ‘n diplomaat van Boeroendi die deur gewys. Die rede vir Jean-Claude Sindayigaya se vertrek is nog nie duidelik nie, maar hy het reeds die land verlaat.

Boeroendi se minister van buitelandse sake het Saterdag bevestig dat een van sy land se diplomate geskors is uit Suid-Afrika.

Die stap kom nadat Suid-Afrika en Rwanda Vrydag in ‘n diplomatieke onderonsie slaags geraak het oor die hernude sluipmoordaanslag op ‘n uitgeweke Rwandese generaal in Johannesburg.

Kigali het ses Suid-Afrikaanse diplomate geskors, na Pretoria drie Rwandese amptenare 72 uur gegee het om die land te verlaat, het Rwanda se minister van buitelandse sake en diplomatieke bronne gesê.

Rwanda se minister van buitelandse sake het op Twitter gesê hulle is bekommerd dat Suid-Afrikaanse owerhede skuiling aan andersdenkendes bied wat verantwoordelik is vir terroriste-aanvalle in Rwanda.

Amptenare van buitelandse sake het geweier om kommentaar te lewer en gesê ‘n verklaring sal later uitgereik word.

Die uitsetting volg na ‘n hernude aanslag op oud-weermaghoof Faustin Kayumba Nyamwasa. Sy ​​teenwoordigheid in Suid-Afrika veroorsaak ‘n diplomatieke hoofpyn vir Pretoria.

Spanning het verdiep nadat Kigali se voormalige intelligensiehoof Patrick Karegeya dood aangetref is in ‘n Johannesburgse luukse hotel op Nuwejaar.

Geen arrestasies is nog gemaak ivm Karegeya se moord nie.

Sommige lede van die opposisie beweer dat die Rwandese regering agter die aanval sit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.