Lyk van bejaarde by Klein Kariba opgespoor

Klein Kariba
Klein Kariba

Een van ‘n egpaar wat vermis geraak het tydens ‘n vloed by ‘n ATKV-oord, se liggaam is opgespoor.

Die bestuurder van die ATKV se Klein Kariba-oord in Limpopo, dr. Wim de Wet sê die liggaam van die vermiste Elizabeth Sparrow is nog nie gevind nie. Die bejaarde egpaar was dagbesoekers.

Die ramp is veroorsaak deur ‘n dam wat by ‘n hoërliggende oord gebreek het. De Wet sê die oord sal vir ‘n onbepaalde tyd nog gesluit bly.

Sparrow en haar man is Vrydag deur ‘n fratsvloed meegesleur. Hulle was in die onderdakswembad van die oord toe die vloedwater hulle saamgeneem het.

Binne sekondes het ‘n watermassa die oord getref en die restaurant, winkel en binneswembad oorstroom.

Kleiner geboue en strukture is saam met voertuie wat by die winkel geparkeer was, meegesleur,” het De Wet gesê.

Die 73-jarige Jack Sparrow se liggaam is Saterdag gekry.

Die soektog word tans bemoeilik deur opdrifsels wat uitgespoel het en wat nog nie opgeruim kon word nie.

Voorlopige beramings toon dat die skade tussen sowat 15 en 20 miljoen rand beloop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.