Werkskepping

Hannes Engelbrecht

deur Hannes Engelbrecht

Die nuwe “gonswoord” vir politieke partye is werkskepping. Party, soos die DA en ANC, koppel selfs getalle daaraan. “600 000 new jobs”. Dit is blote retoriek. Enigeen kan dit skree. Selfs die VF+ en sy vennote skree dit.

By Front Nasionaal beskou ons “werkskepping” as ‘n simptoom; nie die siekte nie. Jy kan nie werk uit die bloute skep nie.

FN se standpunt is dat jy net werk op ‘n natuurlike wyse kan skep as jy die omstandighede daarvoor skep – dan sal dit ‘n natuurlike proses wees.

‘n Drastiese verandering is nodig aan immigrasiewette. Elke Chinees, Nigeriër of Zimbabwiër wat in Suid Afrika wil werk, moet voldoen aan streng kriteria wat vaardighede, opleiding en waardetoevoeging betref. As persone het FN niks teen buitelanders nie, maar wat ‘n probleem is, is dat buitelanders met min of geen opleiding heeltemaal te maklik toegang het tot Suid-Afrika en daarmee die burgers van SA van geleenthede ontneem. Sommige waarnemers reken dat daar soveel soos 10 miljoen buitelanders oor die grense gestroom het die laaste twintig jaar. Dit is onaanvaarbaar. Dit is een van die redes waarom miljoene jong werkloses doelloos rondloop en hulle ook wend tot misdaad.

‘n Drastiese verandering is insgelyks nodig in die sosiale lewe van Suid-Afrikaners. Ons is in alle opsigte ‘n welsynstaat, met sowat 12 miljoen mense wat staatstoelaes ontvang. Die kriteria vir veral kindertoelaes moet dringend bekyk word. As ‘n 17-jarige weet sy gaan ‘n maandelikse kindertoelaag kry, is daar geen inisiatief om werk te soek, werk te skep, of te sorg dat sy nie swanger raak nie. Trouens, soos die staatstoelae tans daar uitsien, is dit eerder ‘n aansporing vir buite-egtelike swangerskappe.

Front Nasionaal eis ‘n dringende herroeping van alle diskriminerende wetgewing soos regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, tenderprosedures en kwotas. Slegs meriete en werksetiek moet die werksmag bepaal. Dit sluit ook in ‘n verandering aan munisipale regulasies wat uitvoerende burgemeesters met geen ondervinding anders as politieke retoriek uitfaseer. Daar moet teruggekeer word na ‘n professionele stadsklerk en stadsekretaris soos in die vorige stelsel die geval was.

werkskeppingDaar moet dringende maatreëls ingestel word om bevolkingsaanwas aan te spreek. Water- en elektrisiteitsgebruik is reeds onder druk; maatskaplike toelaes neem toe; die vraag na huise neem onrusbarend toe.

Front Nasionaal meen dat as daar indringend gekyk word na bogenoemde sal werkskepping ‘n natuurlike proses wees. Ons glo dat jy daarmee die siekte behandel en nie die simptome nie.

Dit is nie goed genoeg om net te skree: “Skep werk!” nie. Enigeen kan dit doen. Dis die populêre ding om kwyt te raak.

Dit is egter die “hoe” van werkskepping wat die beroepspolitici nie aanspreek nie.

Hannes Engelbrecht is leier van Front Nasionaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.