Gau-gau by jou bestemming

Deel op

gaugauMet die ontploffing in Gautreinpassasiers, het die Gautengse LUR vir Vervoer, Ismael Vadi aangekondig dat wysigings ingestel sal word.

Dié veranderinge vir die Gautrein sal die druk op die verhoogde getal passasiers verlig, het Vadi gesê.

Busroetes wat aan die begin van verlede jaat uitgebrei en verleng is, het bygedra tot meer passasiers.

Met spitstye sal agt-rytuigtreine ingestel word omdat die huidige vier waens wat in gebruik is, sukkel om die verkeer te dra.

Meer as 80.000 mense maak daagliks van die trein gebruik.

Die bedryfstyd tussen die OR Tambo-lughawe en Sandton sal met ‘n ekstra 30 minute verleng word.

Parkeergeriewe in Sandton sal tot middernag oopbly omdat passasiers wat sukkel weens vlugvertragings, nie anders by hul voertuie kan uitkom nie.

Planne om ritte na townships in Pretoria en Soweto in te stel sal ook aanstons aangekondig word. word. , terwyl die

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.