Polisie plunder saam by Pienaar

Deel op
Kruideniersware afgelewer
Gesteelde kruideniersware afgelewer

Polisielede het blykbaar die plundertogte by Pienaar as ‘n geleenteheid gesien om self deel te neem.

Vier polisiebeamptes is Donderdag in verband met diefstal en regsverydeling in Mpumalanga hegtenis geneem. Kruideniersware is glo tydens die onlangse onrus in Pienaar gesteel.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die beamptes, tussen 30 en 34 jaar, staan tereg op aanklagte van diefstal, die besit van gesteelde goedere en regsverydeling.

Inwoners van Pienaar naby Nelspruit die polisie Woensdag in kennis gestel dat twee polisiebakkies kruideniersware by ʼn huis in die area aflaai.

Toe die polisie by die toneel opdaag, het ‘n vrou wat daar woon aan die polisielede gesê dat die vier beamptes die kruideniersware by haar huis afgelaai het. Sy het nie geld gehad om hulle te betaal nie.

Die beamptes wou R2 500 vir die kruideniersware ter waarde van R4 000 hê. Toe sy aan die konstabels sê dat sy nie die geld het nie, het hulle gesê hulle sal die geld later by haar kom haal.

Die vrou is in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere. Die verdagtes het hulself Donderdag aan die polisie oorgegee.

Hulle sal na verwagting Vrydag in die Kabokweni-landdroshof verskyn.​

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.