NWU wys Nazi-saluut-ondersoekspan aan

Deel op

adderjanDie Noordwes-Universiteit sal ’n ondersoekspan van vier aanwys om ontgroeningspraktyke op al die universiteit se kampusse te bestudeer, het die bestuur Donderdag gesê.

Die ondersoek is gelas na ’n ontgroeningsvoorval waarin die Nazi-saluut glo gebruik is by dié universiteit.

Beeldmateriaal is kwaadwillig geredigeer deur ‘n Naspers-joernalis, bevriend met die redakteur van Beeld, om die studente as “ongetransformeerde wit studente” voor te stel. Dié stereotipiese voorstelling het groot byval by Boerhaters gevind.

President Zuma het vroeër aangedui dat die voorvalle waar die Nazi-saluut gegee word, ondersoek moet word omdat dit onaanvaarbaar is.

“Die (universiteit se) raad het besluit om ’n onafhanklike span van vier persone aan te wys om die verwelkoming en bekendstelling van eerstejaarstudente op al drie kampusse te ondersoek,” het die raadsvoorsitter, Peet van der Walt, in Pretoria aan verslaggewers gesê.

Die span sal gevra word om ondersoek in te stel na kulturele toelating, oriëntering, ontgroening en ander praktyke.

“Hulle sal die ontvangs- en bekendstellingsprogramme op al die kampusse ondersoek en vasstel wat die beste praktyke landwyd en wêreldwyd in hierdie opsig is,” het hy gesê.

Van der Walt het gesê die ondersoek na die voorval wat Beeld se voorblad gehaal het, is voltooi en daar sal nou opgetree word. “Die dissiplinêre proses sal nou voortgaan,” het hy gesê.

HK-lede van die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het intussen regshulp ingewin nadat hulle verlede maand geskors is.

Nege HK-lede elk van die manskoshuis Over de Voor en die Karlien-dameskoshuis is op 11 Februarie tydelik van hul verantwoordelikhede onthef weens die “onbehoorlike” praktyke.

Chantelle Ludik, die geskorste primaria van Karlien-dameskoshuis, is nooit die kans gegun om haar saak te stel voordat sy summier geskors is nie.

Twee HK-lede het hul eie regsverteenwoordigers genader, terwyl een regsverteenwoordiger moontlik die sewe ander HK-lede se saak sal behartig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.