Beurtkrag sal nog voortduur

Deel op
Malusi Gigaba
Malusi Gigaba

Die minister van openbare ondernemings, Malusi Gigaba sê die huidge klam toestande wat deur die aanhoudende reën by sommige kragaanlegte veroorsaak is, is net deels verantwoordelik vir die kragnoodtoestand.

Hy sê die reën is nie die enigste faktor nie.

Beurtkrag wat deur Eskom ingestel is, sal volgens alle aanduidings nog verskeie dae kan voortduur.

Die woordvoerder van die Tshwane Metro, Selby Bokaba sê Pretoria moet regmaak vir kragonderbrekings wat minstens nog ‘n week kan voortduur. Bokaba sê munisipaliteite reg oor die land wag dat die jongste inligting oor beurtkrag afgekondig word.

Eskom het Donderdagaand weer die noodtoestand opgehef, maar volgens ‘n woordvoerder, Andrew Etzinger verkeer kragvoorsiening steeds onder ernstige druk.

Etzinger sê beurtkrag sal waarskynlik verleng moet word om die druk te verlig.

PRAAG se rekenaars was Woensdagoggend vir ‘n paar uur onverwags sonder krag.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.