Die Krim kies Rusland

Deel op
Die leier van Svoboda Party
Sieg Heil! Die leier van Svoboda Party is deel van Washington se marionetregering in die Oekraïne

Die Krim het Donderdag oorweldigend ten gunste van aansluiting by Rusland gekies, nadat die parlement in dié Russiese deel van die Oekraïne gestem het.

Westerse mediapropaganda poog om sedert die staatsgreep wat deur Anglo-Amerikaanse agente uitgevoer is, die Russiese teenwoordigheid as ‘n “inval” te beskryf.

Daar is tans 16.000 Russiese troepe in die Krim. Rusland het die reg om 25.000 van hul troepe daar te ontplooi agv van vroeëre ooreenkomste wat tussen die twee lande gesluit is. Rusland het verskeie strategiese militêre basisse in die Oekraïne.

Die nuut aangestelde Anglo-Amerikaanse marionette probeer Kiëf in ‘n ooreenkoms met die Europese Unie dwing met die hulp van Amerikaanse dreigemente van militêre optrede en sanksies teen Rusland.

Die pro-Russiese parlementslede het verder aangekondig dat hulle op 16 Maart ‘n referendum sal hou oor die moontlikheid dat Krim wegbreek van die Oekraïne.

Uit die 86 parlementslede het 76 ten gunste van nouer bande met Rusland gestem. Die marionette in Kiëf het die besluit onmiddellik as “onwettig” verklaar, terwyl die Moslem-minderheid gesê het hulle gaan die verkiesing boikot.

Die krisis wat die VSA ontketen het, is die ergste sedert die Koue Oorlog. Amerika probeer hul energiemonopolie in Europa vestig om Rusland te ondermyn.

President Barack Obama het intussen ‘n uitvoerende bevel uitgereik om kritici van die VSA-gesteunde staatsgreep in die Oekraïne toegang tot die Verenigde State te verbied.

“Toegang tot die Verenigde State van Amerika word aan immigrante of besoekers geweier van sodanige persone wat aan die volgende kriteria voldoen: (i) Verantwoordelik is vir of aandadig aan, of betrokke is in, direk of indirek, aan enige van die volgende: (A) optrede of beleid wat demokratiese prosesse of instellings in die Oekraïne ondermyn.”

Kennelik word hierdie “demokratiese prosesse” deur die VSA alleen bepaal, en sluit nie die mening in van inwoners in die land self nie. ‘n Golf neo-Nazi-ondersteuners, die Svoboda Party, in die Oekraïne het die staatsgreep moontlik gemaak.

Die VSA steun hierdie groep openlik, ten spyte daarvan dat neo-Nazi-simpatiseerders in Amerika as gevaarlike “wit suprematiste” gebrandmerk word.

Volgens CNN se Craig Bannister sal dit beteken dat enige persoon wat simpatiek teenoor Rusland is, toegang tot die VSA geweier sal word. Dit beteken ook dat vryheid van politieke assosiasie in die VSA nie meer erken word nie en dat net politieke korrektheid geduld sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.