Min kiesers registreer om te stem

Deel op

iec3Min kiesers het geregistreer om te stem in die komende verkiesings. Net 80,8% van stemgeregtigde Suid-Afrikaners sal op 7 Mei hul kruisies kan trek.

Net 25 390 150 Suid-Afrikaners is geregistreer om te stem, die meeste van hulle vroulik en jonk, het Beeld berig.

Van die geregistreerde kiesers is 55% vroulik en 50% is jonger as 40.

Die hoofverkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het Donderdag nadat die lyste afgehandel is, die aantal geregistreerde kiesers bekend gemaak.

Alhoewel dit is 2,2 miljoen meer is as in 2009, is dit die laagste registrasiesyfer in tien jaar.

Die meeste kiesers, 6,1 miljoen, is tussen 30 en 39 jaar oud. 5,7 miljoen is tussen 20 en 29 jaar oud en 5 miljoen tussen 40 en 49.

‘n Navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) sê studies toon dat kiesers nie stem nie omdat hulle glo die verkiesingsuitslag sal nie veel verander nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.