
Hoewel die party reëlreg die teenoorgestelde politieke standpunte as die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) huldig, het Front Nasionaal ‘n verklaring by die Pretoriase Hoër Hof ingedien waarin die party die vermindering of afskaffing van die huidige verkiesingsdeposito steun.
“Ons het ‘n regstreekse belang by die saak,” het dr. Dan Roodt, woordvoerder en onderleier van die party, gesê. “Die bestaande partye word teenoor nuwes bevoordeel omdat hulle hul deposito’s met belastingbetalersfondse betaal terwyl ons ondersteunersfondse moet gebruik.”
Uitspraak is voorbehou in die saak wat deur die Ekonomiese Vryheidsvegters aanhangig gemaak is oor die verpligte registrasiefooi wat politieke partye voor die Algemene Verkiesing moet betaal. Partye moet 600-duisend rand betaal indien hulle in al 9 provinsies aan die verkiesing op die 7de Mei wil deelneem. Die EFF het by die Noord-Gautengse hooggeregshof aansoek gedoen dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie se fooi verminder of opgeskort word. Die party het aangevoer dat die deposito ongrondwetlik is en strydig is met die reg om vir ‘n amp verkiesbaar te wees. Hy sê die finansiële verpligtinge wat nuwe partye moet nakom, nie nog ‘n bykomende fooi toelaat nie. Regter Takalani Raulinga sal ‘n besluit neem vóór die OVK se spertyd vir betaling van die 12de Maart.