Arbeidsontleder waarsku mynmaatskappye

Deel op
Terry Bell
Terry Bell

‘n Arbeidsontleder, Terry Bell het mynmaatskappye gewaarsku om simpatiek te wees teenoor die lot van mynwerkers, het RSG berig.

Lede van die vakbond Amcu het in Januarie begin staak. Hulle eis ‘n intreevlak-salaris van R12 500.

Die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA), het samesperkings om die staking in die platinumsektor te beëindig, vir ‘n onbepaalde tyd opgeskort omdat Amcu en platinummaatskappye sê hulle mandate laat hulle nie toe om verder te onderhandel nie.

Die drie grootste platinummaatskappye het meer as sewe miljard rand in inkomste verloor sedert die staking begin het, terwyl werkers meer as drie miljard rand in lone verloor het.

Bell sê egter dat mynmaatskappye hulle verliese sal kan verhaal, terwyl mynwerkers nie so maklik sal herstel van die staking nie.

Amcu hou vandag ‘n optog na die Uniegebou om ‘n memorandum met eise aan regeringsamptenare te oorhandig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.