Ierse wedder moet Oscar-advertensie afhaal

Deel op

oscartimeDie Britse advertensie-reguleerder het die Ierse beroepswedder, Paddy Power beveel om sy omstrede advertensie oor Oscar Pistorius in Brittanje te onttrek.

Die groep se advertensie beeld ‘n Oscar-toekenning uit wat met Oscar Pistorius verband hou.

Duisende klagtes het ingestroom nadat die maatskappy ‘n veldtog gevoer het om mense op die uitslag van die Pistorius-moordverhoor te laat wed.

Die advertensie-owerheid, die Advertising Standards Authority (ASA ) het 5200 klagtes tot dusver ontvang oor die advertensie in die koerant en beskryf dit as ‘n “ongekende aantal klagtes”.

Die advertensie toon ‘n foto van Pistorius as ‘n beeldjie van ‘n Oscar-toekenning soos die Amerikaanse rolprentbedryf uitloof.

Neffens die beeldjie is die woorde: “Dis Oscar-tyd. Kry jou geld terug as hy vrykom.”

Die golf van die klagtes is aangevuur deur ‘n aanlynpetisie op Change.org wat meer as 122.000 handtekeninge gelok het.

Die ASA het gesê hulle ondersoek klagtes dat Paddy Power “die kwessies rondom ‘n moordverhoor, die dood van ‘n vrou en gestremdheid belaglik gemaak het”.

Die Pistorius-advertensie stel die “goeie reputasie van reklame in die algemeen” in ‘n swak lig, sê die ASA.

Die ASA het gesê Paddy Power het ingestem om die advertensie te onttrek van koerante in die Verenigde Koninkryk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.