DA wil buitelanders in SA se sekuriteitsbedryf hou

Deel op
Malema se gorillas
Malema se gorillas

Die DA en VF+ staan die nuwe klousule teen wat buitelandse eienaarskap in die privaatsekuruteitsbedryf beperk. Dié partye sê dit sal “werkloosheid” meebring.

Die wetgewing is daarop gemik om strenger regulering in die privaatsekuriteitsbedryf toe te pas. Daar is meer lede in dié bedryf as in die weermag en polisie saam.

Die Nasionale Raad van Provinsies het die Wysigingswetsontwerp oor die Regulering van die Privaatsekuriteitsbedryf met 20 stemme teenoor 9 goedgekeur.

Die wetsontwerp is verlede week in die Nasionale Vergadering aanvaar. President Jacob Zuma sal eersdaags die wetsontwerp bekragtig.

Privaat eienaarskap sal tot 49% beperk word.

Die DA sê die wetsontwerp gaan ook ‘n nadelige uitwerking op die ekonomie hê.  Die VF+ het vroeër gesê die wetsontwerp is “ongrondwetlik”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.