Reusegrondeis kom teen Pretoria

Deel op
Oospaneel, Krugerstandbeeld
Oospaneel, Krugerstandbeeld

Meer as 700.000 swartes wat beweer hulle is afstammelinge van ‘n Ndebelekoning Tshwane sê die eienaarskap van Pretoria – waar die setel van die regering, die Uniegebou geleë is – kom hulle toe.

Die stad van 687.54km² en setel van nasionale staatsdepartemente, is die Afrikanererfenishoofstad met die Voortrekkermonument wat daaroor uittroon. Een van die grootste grondeise ooit sal nou oor die gebied in die hof betwis word.

Verlede week het die eisers die eerste ronde gewen toe die Grondeisehof ‘n bevel toegestaan het dat die plaaslike grondeisekommissaris vir Gauteng en Noordwes hul eis herstel.

Volgens hofstukke is lede van die stamme wat glo bestaansboere met vee was, “gemartel en ‘n paar is dood” toe hulle gedwing is om uit Pretoria pad te gee tussen 1913 en 1970.

Die stamme beweer dat hulle en hul voorouers “eksklusiewe besetting van die grond in die Pretoria-distrik en sy omliggende gebiede geniet het voordat dit met geweld van hulle geneem is”.

Hulle is glo “in vragmotors gelaai en op die buitewyke van Pretoria afgelaai, waar daar nie genoeg grond vir weiding en opbrengste was nie”.

Die gemeenskap beweer sommige het permanente letsels as gevolg van marteling opgedoen. Sommige het gesterf van die honger.

Die sewe stamme – Modimokoana, Bapo, Moletlane Ndebele, Manala, Letswalo, Bakgatla en Malete – het hul eis in 1998 ingedien, maar dit is verwerp.

Andrew Tladi, ‘n konsultant het die eis namens die gemeenskap ingedien. Hy het gesê hul verwydering is bewerkstellig deur die 1913 Grondwet en die 1957 Groepsgebiedewet.

Die groep se Indiërprokureur, Munesh Singh, het gesê die kanse op sukses is baie goed.

“As [ restitusie ] nie moontlik is nie, moet daar billike en regverdige vergoeding vir die gemeenskap wees,” het Singh gesê.

Mpumalanga se luukse Mala Mala-wildsplaas is oorhandig aan die N’wandlamhlarhi-gemeenskap in Januarie ná sy suksesvolle eis waarvoor die regering die vorige eienaar Michael Rattray R1.1 miljard betaal het.

Selby Bokaba, Tshwane se munisipaliteit se woordvoerder, wou nie sê of hulle die eis sal teenstaan nie​​.

Hy het egter gesê die “waarskynlike uitkoms sal vergoeding wees”.

Die eisers kon voorheen nie nodige inligting indien by die Grondkommissie nie ten spyte van talle versoeke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.