Koeberg toets noodplan

Deel op
Slovo het planne van die hele kernaanleg gehad
Joe Slovo het planne van die hele kernaanleg gehad

Die Kaapstadse Nooddienste het inwoners wat in die omgewing van die Koebergkernkragsentrale woon gemaan dat noodoefeninge gehou gaan word.

Inwoners is gewaarsku dat die kernkragsentrale se noodsirenes Woensdag getoets sal word.

‘n Woordvoerder, Wilfred Solomons-Johannes van die Nooddienste het ‘n beroep op inwoners gedoen om nie paniekerig te raak nie.

Die noodsirenes sal teen omstreeks 10-uur Woensdagoggend loei.

Solomons-Johannes sê die roetine-inspeksie is om te verseker dat alle sirenes in geval van ‘n kernramp in werkende orde is.

Hy het bygevoeg dat inwoners moet sorg dat hulle troeteldiere veilig is.

Noodsirenes kan moontlik Donderdag en Vrydag weer getoets word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.