Brandstofprys skiet die hoogte in, voedsel sal volg

Deel op

foodriotsPetrolpryse sal vandag weer styg. Motoriste word opnuut gestraf deurdat brandstof nou byna R15 per liter petrol sal kos.

Alle grade petrol het om middernag met 36 sent ‘n liter die hoogte in geskiet. Diesel kos nou tussen 27 en 28 sent meer.

Die impak op motoriste sal onmiddellik gevoel word, maar die styging sal ook uiteindelik weer bydra tot hoër voedselpryse.

Hoër voedselpryse word wêreldwyd verbind met opstande en rewolusies wat selfs verkose regerings destabiliseer.

Die hoof van die wêreld se grootste voedselmaatskappy het gewaarsku dat stygende voedselpryse tot verdere opstande kan lei soos in 2008.

Die Switserse voorsitter van Nestlé, Peter Brabeck het vroeër aan ‘n Oostenrykse koerant gesê stygende pryse is ‘n produk van ‘n groeiende wêreldbevolking, die opkoms van ‘n middelklas in lande soos Indië wat gretig is om meer vleis te eet, en die toenemende vraag na water.

Brabeck het gesê: “Dit is die nuwe werklikheid.”

In die geval van die Franse Revolusie is die krisis, hongersnood, kunsmatig geskep deur die Jakobyne wat sleutelposisies in die vervaardiging van die opstand gehad het.

Hulle het wetteloosheid aangemoedig deur ‘n groep boewe hul gang te laat gaan. Daarna het hulle meer invloedryke lede van die gemeenskap gekry om ‘n oproep vir “wet en orde” te doen en duisende Franse mans is na die guillotine gestuur. Daarmee het die verdeling tussen ryk en arm versterk.

In die lente en somer van 1789 is ‘n kunsmatige tekort aan graan geskep deur manipulasies van die graanmark. Dit het tot ‘n hongersnood gelei.

Maar in werklikheid het die samesweerders voedselvoorrade en alle hervormings in die Nasionale Vergadering geblokkeer om die situasie te vererger en die bevolking uit te honger.

Daar is dus ruim voorbeelde uit die geskiedenis wat aantoon hoe kunsmatige manipulasie van voedselpryse aanleiding tot opstand kan gee.

Die minister van finansies, Pravin Gordhan het tydens sy begroting aangekondig dat die brandstofheffing en bydrae tot die padongelukkefonds van 2 April verhoog word.

Dit beteken ‘n bykomende verhoging van 20-sent per liter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.