Withuis probeer Oekraïne-krisis de-eskaleer nadat China Rusland steun

Deel op

ObamadenimDie Withuis het ‘n amptelike foto vrygestel van Barack Obama waar hy telefonies met Wladimir Poetin gesels oor die krisis in die Oekraïne. Die gesprek het 90 minute geduur.

Die Amerikaanse president het verkies om met sy naweek-uitrusting van denim heel loslit te poseer.

Ontleders meen die foto van die ontspanne das- en paklose leier is gemik daarop om die wêreldkrisis te de-eskaleer, nadat China Rusland teen die VSA oor die kwessie ondersteun het.

Amerika se wêreldleierstatus berus daarop dat hulle lande isoleer. China en Rusland wat saamstaan is ‘n nagmerrie vir die VSA se buitelandse beleid van verdeel en heers.

Die Oekraïne, een van die voorste uitvoerders van koring en mielies op die planeet, staar ontwrigting in die gesig weens die ingryping van sekere Westerse lande met oliebelange wat tot ‘n staatsgreep in die land gelei het.

Dié ingryping kan die opkomende globale voedselkrisis verder vererger.

‘n Gaspyplynkaart illustreer grafies waarom Westerse oliebelange die Russiese energiereus Gazprom as ‘n werklike probleem beskou. ‘n Groot mededingende gasveld loop onder Sentraal-Europa se pyplynnetwerk en boorputte kan onmiddellik gasverkope aan Duitsland en aan ander bestaande Gazpromkliënte beteken. ‘n Prysoorlog sal Gazprom se beheer oor die Europese mark en daarmee Russiese invloed knou.

Die mate waartoe die VSA se multinasionale olie- en gasmaatskappye direk Russiese ondernemings in die verskaffing aan die EU teiken, is merkwaardig. Chevron, Exxon en ander is baie prominent in die opkomende buitelandse skaliespel.

Dat skalie-ontginning onnoembare skade aan waterarm, ongerepte plekke sal aanrig, beteken vir hierdie gulsige multinasionale maatskappye minder as niks.

Die mededinging wat die Oekraïne met skaliegasontwikkeling vir Rusland kan skep, is ‘n faktor wat Anglo-Amerikaanse belange dwing om Oos-Europa te destabiliseer.

Poetin se streeksambisies word gerugsteun deur ‘n sterk energiediplomasie. Sy binnelandse politieke posisie berus op stabiele pryse om die staat se begroting te finansier.

Daarbenewens beskik hy oor ‘n revolusionêre konserwatiewe ideologie met ‘n yslike internasionale aantrekkingskrag in verskeie godsdienstige, politieke en ekonomiese sfere. Barack Obama beskik tans oor sy slagoffervelkleur en sy ondersteuning vir gayregte.

Poetin het sy internasionale status verder verhoog deur sy onlangse diplomatieke oplossing vir Sirië. Russiese sagte mag berus ironies genoeg vandag op al die fondamente waarop goeie Westerse waardes geskoei is.

Rusland het nie troepe ingestuur in die Oekraïne nie. Poetin maak gebruik van kontraktniki (goedbetaalde professionele vrywilligers) om ‘n greep op die situasie te behou.

Dieselfde hoogsopgeleide kontraktniki is die mense wat die Moslemopstand in die Kaukasus met groot sukses onderdruk het.

Poetin sal nie sommer openlik ingryp in die Oekraïne nie, maar onder druk van die nasionalistiese Russe se eie interne politiek sal die Krim se mense ook nie aan hul eie lot oorgelaat word nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.