Hoof van ANC-politieke skool weer voor vir dronkbestuur

Yengeni by minister Fikile Mbalula se inisiasie
Yengeni by minister Fikile Mbalula se inisiasie

Tony Yengeni, oud-MK en lid van die ANC se uitvoerende komitee, sal Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof tereg te staan op ‘n aanklag van dronkbestuur.

Yengeni is op die oomblik uit op R500 borgtog.

Hy is in Augustus verlede jaar in Groenpunt in hegtenis geneem.

Yengeni is hoof van die ANC se politieke skool

Dit is die tweede klag van dronkbestuur teen hom. In November 2007 is hy in Goodwood, Kaapstad ook in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Die saak is uitgegooi omdat daar met bloedmonsters gepeuter was.

Yengeni is voorheen skuldig bevind aan bedrog toe hy afslag op ‘n luukse motor tydens die tenderproses vir ‘n omstrede wapentransaksie bekom het.

Michael Woerfel van EADS was ook in die bedrogsaak betrek terwyl Yengeni lid van ‘n parlementêre komitee was.

Yengeni moes verslag oor transaksie doen. Die saak teen Woerfel is teruggetrek omdat Yengeni onskuldig bevind is op die aanklagte ivm Woerfel.

Yengeni is na die Pollsmoor-gevangenis naby Kaapstad gestuur in 2006, maar byna onmiddellik na die meer moderne Malmesbury-gevangenis oorgeplaas.

Hy is op parool vrygelaat op 15 Januarie 2007 ná die voltooiing van ‘n skamele vier maande van die vier-jaar vonnis.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.