Inwoners van Kanyamazane en Pienaar in Mpumalanga beweer dat die water vergiftig is, nadat hulle die naweek op ‘n plundertog teen buitelanders gegaan het.
Oproeriges het die hoofpad in die gebied met brandende bande en klippe versper in die voortslepende xenofobiese geweld.
Die oproer het begin toe ‘n Somaliër verlede week ‘n 20-jarige man doodgeskiet het.
Die oorledene is Sondag begrawe, Ná die begrafnis het inwoners die buitelanders se winkels ingevaar, gevandaliseer, besteel en aan die brand gesteek.
Hulle het vyf winkels wat aan buitelanders behoort geplunder en vier afgebrand. Nege mense is tot op hede in hegtenis geneem ivm openbare geweld.
Die Mbombela munisipaliteit sê hulle ondersoek die bewerings dat die water ook vergiftig is.