Malema betower buitelandse beleggers

Deel op
alex
Alexandra

Buitelandse en plaaslike beleggers het die oorlaaide paaie van Alexandra in Johannesburg Maandag aangedurf om te verneem van die ekonomiese orde na die verkiesing.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters het beleggers uit Brittanje en Amerika ontmoet om die party se beleid ten opsigte van die nasionalisering van myne en banke en die herverdeling van grond uiteen te sit.

Julius Malema het ​​uit die vergadering met beleggers gestap oortuig daarvan dat die EFF die mag sal oorneem van die regerende party.

“Hulle [ beleggers ] het besef dat die EFF ‘n lewensvatbare alternatief is, en ons het hulle saggemaak,” het hy gesê.

“Hulle kyk na of hulle miljarde aan risiko blootgestel sal wees, en ons het verduidelik dat ons nie hul maatskappye met geweld sal vat nie.”

Die beleggers wou egter nie na afloop van die vergadering met die media praat of hulself identifiseer nie.

“Dit is ‘n deurlopende betrokkenheid by politieke organisasies. Ons het met ander organisasies voorheen geskakel,” sê een van die beleggers.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder het die maatskappye geïdentifiseer as onder meer Investec, JP Morgan, Autonomy Capital, Coronation en Micro Synergy .

Malema het gesê die beleggers se grootste kommer is gesentreer rondom die manifes van die EFF.

“Ons het vir hulle gesê dat ons bereid is om te praat oor persentasies, maar ons sal nie ‘n kompromie oor die staat se beheer van minerale hulpbronne aanvaar nie.”

Malema het gesê hy is ongemaklik met die geloofwaardigheid van die Onafhanklike Verkiesingskommissie.

Hy het aangehaal oor bewerings wat gemaak is van kieserbedrog tydens die onlangse tussenverkiesings in Tlokwe in Noordwes.

“Ons wil ‘n skoon OVK hê wat nie bevooroordeeld is nie. Verkiesings het die potensiaal om ‘n burgeroorlog te veroorsaak.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.