Die Zimbabwiese president Robert Mugabe het sy stem gevoeg by die lande wat Oeganda se drakoniese anti-gay wette steun, het die staatsmedia Maandag berig.
Hy het ook gesuggereer dat homoseksuele in sy eie land ook uitgesonder sal word.
Hy het die Weste gekritiseer dat hulle hulp aan Kampala wil weerhou nadat president Yoweri Museveni ‘n wetsontwerp wat homoseksualiteit verbied in die Oos-Afrikaland onderteken het.
“Hulle [die Weste] wil ons vertel … dit is ‘n skending van menseregte. Dit is wat hulle reg nou doen aan Museveni,” het Mugabe gesê.
“Die menslike reg wat jy het as ‘n man is om met ‘n ander vrou te trou, nie om met ‘n ander man te trou nie. Ons weier,” het Mugabe die naweek by die troue van sy enigste dogter, Bona gesê.
Mugabe het vroeër gesê dat homoseksualiteit nie van Afrika is nie en het gays en lesbiërs beskryf as erger as varke en honde.
“Dit is ‘n verskriklike wêreld waarin ons is, ‘n verskriklike wêreld waar mense dinge wil doen wat hulle voel hul eie belange sal verbeter as hulle dit doen.”
Mugabe het gesê tot onlangs was hy nie bewus van die bestaan van ‘n vereniging van homoseksuele in Zimbabwe nie en het gewaarsku dat hy wil weet wie behoort tot die groep .
Gays en lesbiërs van Zimbabwe ( Galz ) is al lank in die land bedrywig ten spyte van Mugabe se uitbarstings teen homoseksualiteit.
Die polisie het die Galz-kantore al by verskeie geleenthede deursoek en aanklaers het klagtes teen die vereniging gebring weens die feit dat dit ‘n ongeregistreerde organisasie is. Maar ‘n landdros het verlede week die klag van die hand gewys.
Dieselfde geslag huwelike word in Zimbabwe verbied.