Sommige skole in Limpopo het nog nie hul handboeke ontvang vir die 2014-skooljaar nie, het Rapport Sondag berig.
“Hulle [die onderwysdepartement] maak ‘n bohaai oor die radio om te sê dat die boeke afgelewer word, maar dit is nie so, en dit is ‘n probleem,” het Sipho Mothobuka gesê. Hy is die skoolhoof van Laerskool Moloketla, een van die skole wat geraak word.
‘n Wiskunde-onderwyser by die skool, Daniel Ramatladi , het gesê onderwysers gskryf soms die hele handboek op die bord.
Moloketla Primêre was een van agt skole in die Capricorn en Mopani-distrikte in Limpopo wat joernaliste besoek het om te bepaal of handboeke afgelewer is vir die 2014-skooljaar.
Die mediaspan van Rapport se susterkoerant, City Press, het bevind dat daar ernstige tekorte aan handboeke in alle grade en vakke is, alhoewel dit nie naastenby so erg soos die tekorte in die provinsie in 2012 is nie.
Die skole wat nog steeds wag op handboeke is Moleketla Laerskool , Khethapoye Laerskool , Thaphane Laerskool , Modumela Sekondêr, Kabelo Sekondêr en Moremotse Sekondêr.
Elia Mhlanga, ‘n woordvoerder vir die departement van basiese onderwys, het gesê die tekorte kan ‘n gevolg van die migrasie van studente tussen die verskillende provinsies aan die begin van die jaar wees.