Swaar reën voorspel

Deel op

floodsKwaZulu-Natal is gewaarsku om hom gereed te maak vir moontlike oorstromings in die volgende paar dae, het RSG berig.

Die Nasionale Weerdiens sê voorspellers hou ‘n ogie op ‘n naderende kouefront wat oor die provinsie inbeweeg.

Sy sê die noorde van die provinsie sal die ergste deur swaar reën geraak word. Swaar reën word ook oor Gauteng voorspel.

Goeie reën sak sedert Vrydag in die provinsie uit. Die kanse vir reën word op 80 persent beraam.

Voorspellers sê reenbuie sal ook nog môre uitsak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.