Rusland ingegrawe in die Krim

Deel op

demockeryRusland het nie gereageer op die gebeure in die Oekraïene tydens die Olimpiese Spele in Sochi nie. Soos verwag is, het die magswisseling in Kiëf plaasgevind by die afsluiting van die Spele.

Westerlinge, grootliks oningelig vanweë hul mediamonopolieë, het die indruk van ‘n pro-Europese revolusie wat daar afgespeel het. Maar die uitlek van ‘n telefoniese gesprek tussen die Amerikaanse adjunkminister van buitelandse sake, Victoria Nuland en haar ambassadeur, Geoffrey R. Pyatt, laat geen twyfel oor die Amerikaanse planne nie.

Soos met al die sogenaamde “kleurrevolusies”, het geheimsinnige skerpskutters op dakke na beide die skare en die polisie geskiet en is die regering verantwoordelik gehou.

In die verwarring, het die Weste die indruk gekry dat “die mense” die nasionale paleis oorgegeneem het. In werklikheid het politici en die geheime diens die parlement en nasionale paleis oorgeneem terwyl Nazi-aktiviste in Maidanplein (daar is altyd een of ander plein wat skielik die fokus is van die Westerse media), ‘n ander deel van die stad, die aandag afgelei het.

Die Europeërs kan egter gerus wees dat dit nie die Nazi’s is wat die mag oorgeneem het nie. Oekraïene se Nazi’s het niks met Wes-Europese regse partye uit te waai soos die Franse Nasionale Front nie.

Gedurende die drie maande van betogings en optogte by Maidanplein, het hulle saam met die Tartare gespan. Die Tartare is Islamiete wat veral uit Sirië teruggekom het, waar hulle jihad oefen op die burgerlike bevolking, veral vroue en kinders.

Tartare is hoofsaaklik oor die Oekraïene en Turkye versprei. Die “rewolusie” van Maidanplein is ‘n klassieke staatsgreep.

Die Rada het die Grondwet herroep sonder ‘n referendum. Die president is sonder ‘n debat of verhoor van sy wetlike en uitvoerende pligte gestroop en deur Oleksandr Toerkinof, die voormalige hoof van die geheimediens vervang.

Toerkinof het dadelik vir Arsenjie Jatsenjoek as Eerste Minister aangewys, wat wonderbaarlik genoeg presies ooreenstem met die wense van Victoria Nuland.

Die betogers het baie van die nuwe parlementslede uitgejou toe hulle die name uitlees omdat baie van hulle Jode is.

In die Krim, waar die meerderheid van die bevolking Russies is en waar die Russiese vloot gebaseer is, is die plaaslike parlement deur militêre personeel in uniform, maar sonder ‘n vlag of embleem, oorgeneem.

So ook die regeringsgeboue en die lughawe, om te voorkom dat die nuwe regering in Kiëf sy magte stuur om dit te beset. Daar is nog nie ‘n enkele skoot geskiet in die Krim nie.

Russe is fluks besig om loopgrawe te spit wat die Krim-skiereiland van die res van die grondgebied skei. Die bevolking het hul “seuns” met ope arms verwelkom. Die militêre hoëlui van die Krim het reeds oorgeloop na Rusland.

In Kiëf, het die Rada Russiese inmenging veroordeel en ‘n beroep vir die respek vir die Budapest Memorandum gedoen. In 1994 het die Verenigde State van Amerika, die Verenigde Koninkryk en Rusland ‘n ooreenkoms onderteken dat Oekraïne in ruil vir sy kernwapens nie deel sal wees van ‘n geopolitieke toutrekkery nie.

Maar Moskou sê die Memorandum is nie meer van toepassing nie want dit is geskend deur Washington en Londen sedert die “Oranje Revolusie” van 2004, asook die staatsgreep van verlede week.

Wat gaan nou gebeur? Op 25 Mei sal Brussel verkiesings organiseer in die Europese Parlement, Kiëf sal ‘n presidensiële verkiesing organiseer, terwyl die Krim ‘n referendum oor selfbeskikking sal hou.

Die Europese Unie gaan die gelag moet betaal vir Amerikaanse bakarmgedrag. Die deel van die Oekraïene wat by die EU wou aansluit, verwag dat manna uit die hemel sal reën met al die beloftes wat gemaak is om die land se skuld van $35 miljard te delg.

Die Nazi’s van Maidanplein sal ook nie terugkeer na ondergrondse aktiwiteite nie, maar hul deel van die regering, saam met die jihadies eis. Dit is ‘n leë oorwinning vir die VSA en EU en ‘n ramp vir die goedgelowige inwoners wat gedink het hulle is “bevry” deur “demokrasie”.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, het die “onaanvaarbaarheid van indringing in ‘n soewereine land op valse voorwendsels vir eie belang in die 21ste eeu” skerp veroordeel.

Hy het, lagwekkend genoeg, nie na die Verenigde State van Amerika verwys nie.

Kerry het tydens ‘n onderhoud met die NBC se Meet the Press uitgevaar teen Rusland: “Dit is ‘n daad van aggressie wat heeltemal in terme van sy verskoning getroef word. Dit is regtig 19de eeuse gedrag in die 21ste eeu.”

Kerry het ook gedreig om Rusland ekonomies en polities te isoleer en gewaarsku dat hulle potensiële batebevriesing en ‘n visumverbod kan verwag.

Die Amerikaanse onderhoudvoerder het nie ‘n enkele vraag oor Washington se eie konstante dreigemente van militêre invalle in Irak, Afghanistan, Libië en Sirië gevra nie. Die skynheiligheid van die Amerikaanse uitspraak het behoorlik gedrup.

‘n Ontleder het bygevoeg dat die VSA nie bekommerd was oor aanvalle op Serwië oor Kosovo en later Kosovo se eensydige verklaring van onafhanklikheid nie. Die Verenigde State van Amerika bewys net lippediens aan soewereiniteit en territoriale integriteit, het hy gesê.

Die VSA het ook gewaarsku dat Rusland die risiko loop om sy plek in die Groep van Agt ontwikkelde lande te verloor met die ontplooiing van troepe in die Krim.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.